Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    26°C / 13°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Dinsdag

    25°C / 14°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Woensdag

    25°C / 14°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Donderdag

    27°C / 15°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Vrydag

    30°C / 17°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Saterdag

    30°C / 16°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.8mm

    Humiditeit 17%


Diamantliga-atletiekbyeenkoms

Bolt blits terug met oorwinning in Oslo

Vrydag 14 Junie 2013
Usain Bolt steek die wenstreep oor in die 200 by die Diamantliga-atletiekbyeenkoms in Oslo, Noorweë. Foto: Cornelius Poppe | Reuters
JOHANNESBURG. – Gerugte en berigte dat Usain Bolt verby sy beste is, was toe hoogs oordrewe.
Hy het Donderdagaand in Oslo, Noorweë, by die Diamantliga-atletiekbyeenkoms die vinnigste 200 in die geskiedenis só naby aan die Noordpool afgelê . . . en in sy skadu het Johan Cronjé ’n haarbreedte van sy beste tyd in die deesdae-seldsame-myl gedraai.
Ja, Bolt ís twee maande voor die wêreldkampioenskappe steeds myle van sy allerbeste af – maar hy het sy onlangse nederlaag in die 100 teen die Amerikaanse dwelm-verneuker Justin Gatlin met ’n nuwe stadion-rekord in Oslo gevier.
Sy wentyd van 19.79 is die eerste 200-tyd onder 20 sekondes vanjaar (voor Oslo was sy landgenoot Nickel Ashmeade se 20.00 die vinnigste) – en hy het die oud-Springbok Frankie Fredericks se byeenkomsrekord van 17 jaar gelede (19.82) verbeter.
Laat dit ook dadelik gesê word: geeneen van Bolt se sterkste teenstanders het deelgeneem nie, met die Noorweër Jaysuma Saidy Ndure ’n verre skadu in die tweede plek (20.36).
Bolt het agterna gekla dat hy “koud gekry het – en ek hou niks van koue nie”, maar dat hy tevrede is met sy poging.
“Ek gaan nou terug Jamaika toe en gaan daar slyp aan my doelwitte: om die beste in die wêreld te wees en drie goue medaljes in Moskou (by die wêreldkampioenskappe in Augustus) te wen.
“O ja, en ek wil onder 19 sekondes in die 200 draai.”  Bolt se wêreldrekord is 19.19.
* Cronjé het in die myl weggespring met ’n onlangse SA rekord van 3:33.46 in die myl se metrieke boetie, die 1 500, in sy agtersak.
Hy was vir die eerste drie rondtes in die heel laaste plek – en hoewel hy oor die laaste 400 meter vier teenstanders verby gesteek het, het hy negende geëindig. In 3:54.86 – ’n skrale 0.02 sekondes stadiger as sy persoonlike beste, die 3:54.84 wat hy vier jaar gelede in Londen gehardloop het.
Cronjé was nooit in dié wedloop rêrig ’n bedreiging vir Johan Fourie se SA rekord (3:50.82 in 1987 in Port Elizabeth) nie.
Die wedloop is gewen deur ene Ayanleh Souleiman van kleine Djiboeti (3:50.53).
* Die koue weer (15 grade) het die byeenkoms van rêrige wêreldklasvertonings beroof, met die beste ander vertonings die Bulgaar Ivet Lalova se 11.04 in die 100; Meseret Defar (Ethiopië) se 14:26.90 in die 5 000 en die 19-jarige Keniaan Consensus Kipruto se 8:04.48 in die 3 000-hindernis.
* Ander SA nuus is dat Anneri Ebersohn Woensdag in Huelva, Spanje, derde in die 400-hekkies in 56.03 teenoor die wenner se 54.77 was.


  • rugby

    Carr, Senatla op Heyneke se radar

  • rugby

    ‘Ek is nou ’n Fransman’

  • rugby

    Dis weer Blou Maandag

  • rugby

    5 Curriebeker-lesse

  • gholf

    Connie kraai koning

  • sokker

    Leicester skok Rooi Duiwels

  • rugby

    Duncan verheug oor bonuspunt

  • meersport

    Lewis in binnebaan ná Singapoer-sege

  • rugby

    GW ‘veg om te oorleef’

  • atletiek

    Kibor laat Kenia-vlag in Kaap wapper

  • krieket

    Blizzard waai Cobras heeltemal van koers

  • meersport

    Tuks en Pukke maak hul stem dik

  • rugby

    Haaie se triomf ’n lafenis

  • rugby

    Cheslin en kie eindig op hoë noot

  • TV-hoogtepunte: 22 September

  • Uitslae: 21 September

  • skole

    Middelburg moker 499!

  • skole

    Nellies op pad na Noordvaal

  • gholf

    Teater van drome

  • meersport

    Irene: Ikoon en rolmodel

  • rugby

    Franse geldrugby al eeu lank turksvy

  • rugby

    Tyd vir wenrugby, Bulle

  • rugby

    Perses wil tuishalfeind bespreek

  • rugby

    Dis Heyneke se besluit - Oupa

  • rugby

    WP soek voltal

  • rugby

    Leeus trap Pumas

  • meersport

    Jordy verja spook vir titel

  • rugby

    Shakes wil hakskene wys vir Cheetahs

  • rubrieke

    Pluimpie vir Richie, geelkaart vir Kieran

  • rubrieke

    Ondersteuners het proesel gekry

  • rugby

    Bryan vertrou op Saru

  • Uitslae: 19 September

  • TV-hoogtepunte: 20 September