Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    16°C / 6°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 15%

  • Sondag

    17°C / 5°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 10%

  • Maandag

    20°C / 7°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 10%

  • Dinsdag

    23°C / 9°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 11%

  • Woensdag

    24°C / 11°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%

  • Donderdag

    24°C / 10°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%


Toernooi om die Kampioene-trofee

Suid-Afrika skraap deur

Pollard, reën kos Windies halfeind-plek

Johann de Jager
Vrydag 14 Junie 2013
Colin Ingram jaag die bal bykant-grens toe in die Proteas se Kampioenetrofee-stryd teen die Wes-Indiese Eilande gister in Cardiff. Dié Oos-Kapenaar het ’n flink beurt van 73 lopies (van 63 balle) gespeel en die grondslag vir Suid-Afrika se totaal van 230/6 in 31 beurte gelê. Foto: Kirsty Wigglesworth | AP

BLOEMFONTEIN. – Die Duckworth-Lewis-stelsel wat die Proteas al lang trane laat huil het, het hulle uiteindelik vir ’n slag groot blydskap gebring.

Dié omstrede stelsel het Suid-Afrika se reënverkorte groepwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande gister in Cardiff gelykop laat eindig.

Dit het meegebring dat Suid-Afrika, vanweë sy beter netto lopietempo vooraf, op dramatiese wyse tot die halfeindstryd van die toernooi om die Kampioene-trofee deurgedring het.

Die wedstryd is weens reënbuie vooraf aanvanklik tot 36 boulbeurte en toe eindelik na 31 beurte aan ’n kant verkort.

Suid-Afrika het ’n heel skaflike 230/6 aangeteken.

Die Windies het deurentyd ná terugslae teruggeveg om die wedstryd in die weegskaal te hou.

Hulle het 190/6 ná 26.1 beurte gehad toe reën uitgesak het.

Kieron Pollard (28) se paaltjie op 190/5 – toe hulle 40 van 30 balle benodig het, was aan die einde die bepalende wending. Dít het sake volgens die Duckworth-Lewis-stelsel presies gelykop laat eindig.

Pollard sal die onbesonne hou nie gou vergeet nie. Hy is met die eerste aflewering van die 27ste beurt wat deur Ryan McLaren afgestuur is op derdeman deur Dale Steyn uitgevang.

Dié paaltjie het die Windies uitgeknikker.

Steyn (2/33) was vroeër in sy terugkeer tot die krieketveld ietwat ongelukkig toe albei aanvangskolwers in sy eerste twee boulbeurte kanse gebied het.

Die gevreesde Chris Gayle kon vir 6 uit gewees het as Steyn kon vasklou aan die bal wat die hotklou hard na hom toe teruggeslaan het. In sy tweede beurt het JP Duminy bottervingers op regby gehad wat Johnson Charles laat oorleef het. In sy derde beurt was AB de Villiers met die groot handskoene onder die bal om Charles (16) uit te vang.

Die gevaarman Gayle (36) het net mooi ontwaak toe Chris Morris (1/30) hom uitoorlê het.

Met dié kanonkolf se vertrek het ’n dubbele slag die Windies getref toe die verwysingstelsel bevestig het dat Devon Smith (30) wel been voor paaltjies deur Robin Peterson betrap is.

Die Windies was met reën wat liggies begin uitsak het ook in ’n stryd met die Duckworth-Lewis-stelsel gewikkel.

Op 104/4 in 18de beurt het Marlon Samuels (48) en Pollard hul jaagtog, eers net teen die Duckworth-Lewis-stelsel, begin.

Veral Samuels het die wedstryd met sy warrelwind beurt terug in die weegskaal geplaas voordat Steyn hom geboul het.

Die reëngode het toe tot Suid-Afrika se redding gekom.

Colin Ingram (73, 63b) was met sy derde vyftigtal die Proteas se kolfheld nadat hulle ingestuur is. Dwayne Bravo, kaptein van die Windies, het soos verwag in die bewolkte toestande asook die feit dat die blad lank toegemaak was, nie geaarsel om Proteas in te stuur toe hy die loot gewen het nie. Die bal het egter nie so baie rondbeweeg soos verwag is nie.

Ingram het as die aggressor saam met Hashim Amla (23) ’n stewige grondslag van 80 lopies in 12 boulbeurte gelê.

De Villiers (37) was vies oor die hou waarmee hy uit is. Hy het ’n kort aflewering van Ravi Rampaul (1/37) gehaak wat skitterend uit die lug uit deur Darren Bravo op middebaan gepluk is. Dit was ’n groot slag vir die Proteas, want die kaptein was op sy stukke.

Faf du Plessis (35) en veral David Miller (38) het die kolfbeurt daarna weer woema gegee.



  • skole

    Beeldtrofee: Eindstryd-dag

  • skole

    Bokke onthou Beeldtrofee in hul dae

  • rugby

    Pumas skop en dryf arme Griekwas disnis

  • rugby

    Bokke in die bakoond

  • rugby

    Wen net, Bulle – maak nie saak hoe

  • rugby

    Stokkies se groot vuurdoop

  • rugby

    Slag van Tucumán

  • krieket

    Pup: Dié is geen skyntoer

  • meersport

    Goue dag vir Phelps

  • rubrieke

    Gee die blasers tog ’n kans

  • atletiek

    SA se Khotso wen in Swede

  • rubrieke

    Peyper, 31 ‘refs’ en Parnell se bollatjie

  • meersport

    Kanniedood Roger

  • skole

    Bokkies reg vir veldslag in Eikestad

  • rugby

    Cheetahs vs. Haaie: Wie het die meeste byt?

  • krieket

    Boulaksie van Zimbabwe se Prosper lol

  • rugby

    Rugby op TV

  • skole

    Grey-kollege of Paul Roos ‘gekroon’

  • rugby

    Wallabies kap Hansen oor blasers

  • TV-hoogtepunte: 23 Augustus

  • Uitslae: 22 Augustus

  • Mokoena spring sy verste vanjaar

  • krieket

    Proteas: Quinton skitter, maar Rilee vou

  • rugby

    ’n Tweede kans

  • rugby

    Bokke kan Hernández se kuns proe

  • rugby

    ‘Troef die All Blacks nóú’

  • rugby

    Jong lote kry Loftus-kans

  • rugby

    Haaie kry woema met vars stutte

  • rugby

    Derick lei nou Leeus se trop

  • rugby

    Bothma gee min bal uit

  • sokker

    Chilli Boys sal hul kanse beter moet aangryp

  • rugby

    Kevin wil nes oom Allister se span maak

  • krieket

    Eerste trofee wink vir Titans of Lions

  • sokker

    Bastian soek nóg titels saam met Duitse span

  • rugby

    VS se tawwe Tienie ’n yster, sê Hendro

  • rubrieke

    Premierliga só weer onvoorspelbaar

  • meersport

    Vier van SA jaag ook in Spanje

  • rugby

    Peyper erken foute in toets, sê Hansen

  • rugby

    Stryd teen Engeland WB-kleedrepetisie?

  • meersport

    Rubio van Mexiko sal Golovkin toets

  • rugby

    Wallabies wil Eden Park-spook verjaag

  • TV-hoogtepunte: 22 Augustus

  • Uitslae: 21 Augustus

  • rugby

    Bulle pak Kings met 'nuwe' agterlyn

  • rugby

    Minnie lei die Leeus

  • rugby

    Haaie span 2 nuwe stutte in

  • rugby

    Lynstane bekommer Meyer

  • rugby

    Gurthrö sien uit na stryd

  • krieket

    Kallis is nie spyt oor sy uittrede

  • meersport

    ‘Ek sou steeds jok’

  • rugby

    Haaie sal net op eie plan fokus

  • rugby

    Grant: Dít voel nes VB-eindstryd

  • rugby

    Botha reg om kans aan te gryp

  • skole

    Louis Botha mik na Shimlas-skolekroon

  • gholf

    Steil bult wag op Louis-hulle

  • krieket

    Afgane sien uit na WB-toestande Doer Onder

  • atletiek

    12 van SA in Afrika se span

  • rugby

    WP, blaser praat oor skrums

  • sokker

    Saddam Hussain laat Pakistan juig teen Indië

  • meersport

    Phelps glo hy’s vinniger as ooit – afrigter

  • krieket

    Doodse stilte oor waarom Windies se Ottis loop

  • sokker

    Swansea bekom Fernández se dienste

  • rugby

    Adam Jones blaker rede vir Cardiff-skuif uit

  • rugby

    Taai taak wag op dié Kiwi-blaser

  • rubrieke

    Netbal verdien lof vir transformasie

  • rugby

    Carlos se opdrag aan Sykes, Nell

  • Uitslae: 20 Augustus

  • TV-hoogtepunte: 21 Augustus

  • rugby

    Smith begin vir Bokke teen Poemas

  • rugby

    OP Kings maak vyf veranderinge

  • krieket

    Boulers blaas Zim weg