Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 11°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.3mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    20°C / 7°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Vrydag

    20°C / 7°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    22°C / 12°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Sondag

    22°C / 10°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Maandag

    19°C / 9°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 54%


Froome het een hand al op sjampanjebottel

Vrydag 19 Julie 2013

LE GRAND BORNAND (Frankryk). – Met net 258.5 km van die Tour de France oor lyk dinge nou baie rooskleurig vir die algehele voorloper, Chris Froome.

Hy was nie die vinnigste in gister se 19de skof nie, maar het nietemin ’n trappie nader aan daardie gesogte podiumplek gegee.

Die Portugese fietsryer Rui Costa het gister sý tweede skofsege (die derde van sy loopbaan) in die 100ste Tour de France ingeryg.

Costa, ’n lid van die Movistar-span, het dié skof oor 204.5 km – van Bourg d’Oisans na hier – in 5 uur, 59 minute en 1 sekonde voltooi.

Duitsland se Andreas Klöden het die wenstreep 48 sekondes ná hom oorgesteek en die tweede plek verower. Die Belg Jan Bakelants was derde.

Costa en Klöden was die enigste jaers wat die skof in minder as 6 uur voltooi het.

Froome het 8 minute en 42 sekondes ná Costa by die eindstreep opgedaag om 25ste te eindig.

Froome, wat in Kenia gebore is, het nietemin sy voorsprong van 5 minute en 11 sekondes op Spanje se Alberto Contador, sy naaste teenstander, behou.

Contador, ’n tweemalige Tour-wenner, en sy Saxo-span het die krane veral oor die laaste twee bulte oopgedraai – in ’n poging om Froome en die res van sy Sky- span te beproef.

Hulle kon die algehele voorloper egter nie afskud nie. Hy het die wenstreep net ná sy spanmaat Richie Porte oorgesteek.

Die jaers sal vandag hul laaste dag in die Alpe deurbring. Die 20ste skof strek oor 125 km – van Annecy tot op die kruin van Annecy-Semnoz.

Die laaste skof begin Sondag in Versailles en eindig in die Champs-Élysées.

Nairo Quintana van Colombia is steeds algeheel derde en blaas in Contador se nek.

Hy is 5 minute en 32 sekondes agter Froome, maar in die stadium net 22 sekondes stadiger as Contador. – Reuters; Sapa-AFP; letour.fr



  • KSA pos Ray ná glorie

  • Jake kies Paul en JP toe wel

  • Flip se hou kos hom 3 weke

  • Frans behou lostrio ondanks kleitrappery

  • Fifa verlig Barcelona se hoofpyn so effens

  • Djokovic glo hy sal in Madrid kan afslaan

  • Harris dink aan uittree ná As-reeks

  • Scholes kom help

  • SWD en WP in stryd om 2de plek

  • Iron Mike en die King

  • Kolwe klap op 1ste dag van klubtoernooi

  • Russiese doepa 2de keer te sterk vir Ferrer

  • Dit woel in ASA voor verkiesing

  • Krieket kry ’n nuwe toernooi

  • Chelsea laat sy spelers rus

  • Grant lig sluier oor sy spel

  • Rhule nommerpas in rol

  • Hansen vra Kiwi’s om eerder tuis te bly

  • Torsten se groot kans, sê Rory

  • TV-hoogtepunte: 24 April

  • Uitslae: 24 April

  • Bulle kry nuwe haker

  • Rhule begin vir Cheetahs

  • Sharapova sweet vir sege in Stuttgart

  • Victor voer Bulle aan ná Flip se skorsing

  • Jake sal Pat-nuus gulsig opslurp

  • Blitsige Devon kry Superkans

  • Lood meen hy sal reg wees vir Bok-groep

  • Rubriek: Transformasie se plusse, minusse

  • Lobberts fiks vir Luiperds-stryd

  • Victor lei dalk die Bulle

  • ‘Twee kan word nes Coetzee’

  • Real ruk op met staatmakers

  • Laporte vol moed, al speel Bakkies, Ali nie

  • Tuks kan driekuns kry in krieket

  • Bokkies-uitdaging

  • ’n Seder val by United

  • Harmer, White wag op Kovsies

  • Britse bokser vanaand in aksie in Kempton Park

  • Kiwi’s se Jesse gaan vir Essex kolf swaai

  • Rusland ‘moet leer in opwarmwedstryde’

  • Gunsteling sal oor skouer loer

  • TV-hoogtepunte: 23 April

  • Uitslae: 23 April

  • Flip se lot later bepaal

  • Armstrong se spanbaas ry ook aan pen

  • Williams begin vir Stormers

  • Deans word afrigter van voorste Japanse klub

  • Moyes kry trekpas; Giggs hou leisels