Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    30°C / 15°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Donderdag

    28°C / 11°C

    Wind 31km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 15%

  • Vrydag

    25°C / 10°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 11%

  • Saterdag

    23°C / 9°C

    Wind 20km/h

    Reënval 9.5mm

    Humiditeit 42%

  • Sondag

    21°C / 11°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 41%

  • Maandag

    24°C / 14°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%


Ramaala (41), Harmse (40) in atletiekspan

Johan van Wyk
Vrydag 19 Julie 2013

JOHANNESBURG. – Die 41-jarige Hendrick Ramaala en die 40-jarige Chris Harmse is in die Suid-Afrikaanse atletiekspan na die wêreldkampioenskappe in Moskou . . . en daar’s nie plek vir Caster Semenya nie.

“Dis vir my iets baie, baie spesiaals dat ek op 40 my land kan gaan verteenwoordig,” het die hamergooier Chris Harmse gister gereageer toe Sport24 hom vertel hy is in die span.

Harmse, wat vanjaar sy 18de agtereenvolgende SA titel gewen het, sê Atletiek Suid-Afrika (ASA) het hom eergister gebel om te hoor of hy vir die span beskikbaar is.

“Ek het ja gesê, omdat Moskou so half in die pad is na die volgende Statebondspele, waar ek vir seker ook nog wil wees. Maar ek het nie geweet ek is toe wel in die span na Rusland toe nie,” het Harmse gesê.

Sy laaste wêreldkampioenskapsbyeenkoms was in 2009 in Berlyn. Hy het in sy lang loopbaan verskeie Olimpiese Spele misgeloop omdat die Olimpiese hamergooi-kompetisies op ’n Sondag plaasvind. In Moskou word die kwalifiserende ronde op die eerste dag (’n Saterdag) en die eindronde die Maandag aangebied.

* Harmse is egter nie die oudste lid van die span nie. Dié eer kom langasem Ramaala toe, wat op ’n rype 41 in Moskou vir die marathon sal aantree.

Semenya, wat laas jaar in Londen die Olimpiese silwermedalje gewen het, het die afgelope Woensdag die eerste keer vanjaar aan ’n byeenkoms deelgeneem. Sy het wel in Finland gewen, maar was ses sekondes buite die Moskouse kwalifiserende vereiste.

Die span bestaan uit 30 lede, waarvan 19 die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se A-kwalifiserende vereistes behaal het. Daar is 22 baan- en veld-atlete, ses marathonners en twee stappers.

Harmse het saam met Lehann Fourie (110-hekkies) en Victor Hogan (diskus) outomaties vir die span gekwalifiseer, omdat hulle Afrika-kampioene is.

In die mans-400-hekkies is die maksimum toegelate getal atlete – drie – gekies: Cornél Fredericks, LJ van Zyl en PC Beneke, terwyl die belowende Anneri Ebersohn in die vroue-item gekies is.

In die verspring het Suid-Afrika drie verteenwoordigers, Khotso Mokoena, Zarck Visser en Lynique Prinsloo, wat al drie die A-vereistes oortref het.

* Suid-Afrika stuur nie ’n enkele aflosspan Moskou toe nie, al hét ’n SA 4x400-aflosspan verlede jaar in Londen op die Olimpiese Spele die vereiste (3:05) oortref.

Nét atlete wat in individuele items gekwalifiseer het, kan in Moskou in aflosspanne hardloop.

Van Zyl, Fredericks en Beneke sou wel saam met Wayde van Niekerk ’n SA span kon vorm, maar eersgenoemde drie kan in hekkies-wedlope betrokke wees wat op dieselfde dae as die aflosse plaasvind.

*SA atletiekspan na Moskou:

Mans: Anaso Jobodwana (100, 200), Akani Simbani (100), Wayde van Niekerk (400), André Olivier (800), Johan Cronjé (1 500), Elroy Gelant (5 000), Steven Mokoka (10 000), Lobogang Shange (20 km-stap), Marc Mundell (50 km-stap), Lehann Fourie (110-hekkies), Cornél Fredericks, LJ van Zyl en PC Beneke (al drie 400H), Khotso Mokoena, Zarck Visser (albei VS), Orazio Cremona (GS), Victor Hogan (DG), Chris Harmse (HG), Robert Oosthuizen (SG), Willem Coertzen (10K), Lusapho April, Sibusiso Mzima en Hendrick Ramaala (al drie marathon).

Vroue: Justine Palframan (200), Anneri Ebersohn (400H), Lynique Prinsloo (VS), Sunette Viljoen (SG), Irvette van Zyl, Tanith Maxwell en Cornelia Joubert (al drie marathon).



  • rugby

    Toulon dreig Bokke

  • rugby

    Flo 8 weke uit

  • rugby

    Bulle hou asem op oor duo

  • rugby

    Jaco: Vuurwerk was alles vir Ma

  • rugby

    Haaie teiken Bul-wapens

  • meersport

    Skotse storm dreig

  • rugby

    Carlos laat Bosbeer los teen Vrystaat

  • rugby

    Uys-hulle troon uit bo res in CB

  • rugby

    WP se Scarra stel weer sy rugbyvisier in

  • rugby

    Wehr glo hy kan gedy in GW-trui

  • rugby

    Oersond kies Franna, André

  • meersport

    Zandberg self verbaas ná Rio-vuurwerk

  • sokker

    Loting: Pellegrini knor

  • krieket

    Piedt kry sy groot kans met wit bal

  • Uitslae: 16 September

  • TV-hoogtepunte: 17 September

  • rugby

    Leeus sit aanslag met een verandering voort

  • rugby

    Deon dalk drie weke geskors

  • rugby

    Notshe is nou in die Curriebeker-kollig

  • rugby

    Jimmy kap Pumas ná nederlaag

  • rugby

    Blitse wag op drie

  • rugby

    Rhule, Blommetjies reg

  • rugby

    Boela word Vrystater

  • rugby

    Palu uit Wallaby-toer

  • rugby

    Read sê Bokke vertraag die spel

  • krieket

    Rilee kolf vir VS in oefenstryd teen GW

  • rugby

    Luke dalk res van jaar langs kantlyn

  • gholf

    Sterne se tweede plek verseker kaart

  • rubrieke

    Nederlaag allermins rede tot vreugde

  • meersport

    Mayweather sê hy vermy nie ’n Pacquiao-geveg

  • sokker

    Optrede gevra ná rassisme teen Ronaldinho

  • meersport

    Wozniacki sê sy is oorgehaal om grotes te wen

  • sokker

    Omstrede Anelka sit loopbaan in Indië voort

  • sokker

    Blind se spel maak Van Gaal nóg blyer

  • TV-hoogtepunte: 16 September

  • Uitslae: 15 September

  • rugby

    Die lynstaan wat by SA gaan spook

  • rugby

    Bok-keurders verras met JP

  • krieket

    Donald peins oor toekoms na WB

  • atletiek

    SA rekord vir Khotso

  • rugby

    WP trap in Leeus-strik

  • rugby

    5 redes vir moed skep

  • rugby

    Duncan prys veggees

  • rugby

    In ’n gat groter as Kimberley...

  • rugby

    VS jonges steeds op koers na halfeind

  • rugby

    Bokke sál reg wees

  • rugby

    Sithole ’n klein Lomu, sê Macleod-Henderson

  • Griffons verras Luiperds ná vasskop

  • rugby

    Wallabies moet beter afrond – Foley

  • meersport

    Kovsie-swemmer skuur skouers met grotes

  • rugby

    GW blom met 15 spelers

  • rugby

    Jimmy gee Griekwas krediet ná nederlaag

  • sokker

    Van Gaal smaak 1ste Premierliga-sege

  • meersport

    Kovsies kon Tuks nie inhaal

  • rugby

    ‘Bokke was soos bye’

  • Uitslae: 14 September

  • TV-hoogtepunte: 15 September

  • skole

    Menlopark kraai koning

  • skole

    Tom Naudé dra kroon in sewes

  • skole

    Garsies troef Monnas

  • skole

    So lyk groepe vir toernooi

  • skole

    Klofies is dié krieketkampioen