Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    18°C / 6°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 38%

  • Woensdag

    16°C / 8°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Sondag

    18°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

navigeer met sleutelbord-pyltjies
  • 9 ure gelede |

    Kampioen-fietsryer in Durban aangeval

  • 9 ure gelede |

    IKR bekyk kolwer se gewrigsbande

  • KP speel in Big Bash 1 dag gelede |

    KP speel in Big Bash


Skok ná Wimbledon-wenner haar uittrede aankondig

afp
Donderdag 15 Augustus 2013
Marion Bartoli Foto: Reuters
CINCINNATI (Ohio). – Die Wimbledon-vrouekampioen, Marion Bartoli, het Woensdag haar uittrede aangekondig nadat sy in die tweede ronde van die Cincinnati-meesterstoernooi teen Roemenië se Simona Halep verloor het.
Bartoli, wat die Wimbledon-titel ses weke gelede gewen het, het die skokaankondiging ná die nederlaag van 3-6, 6-4, 6-1 gemaak.
"Dit is tyd vir my om af te tree. Ek voel dit is tyd om weg te stap," het die 28-jarige Bartoli gesê.
"My liggaam kan dit net nie meer doen nie."
Die aankondiging kom slegs twee weke voor sy aan die Amerikaanse Ope in New York sou deelneem.
Bartoli het gesê Wimbledon het haar gehelp om goed te speel, maar dit het ook fisiek en geestelik sy tol geëis.
"Ek het sedert die begin van die jaar baie beserings gehad. Ek was al so lank op toer en ek het regtig deurgedruk.
"Ek voel regtig ek het alles gegee wat ek in my oor gehad het. Ek het my droom bewaarheid en dit sal my vir ewig bybly, maar my liggaam kan net nie meer alles hanteer nie."
Bartoli, wat sewende gekeur is op die wêreldranglys, het die afgelope paar jaar met 'n rits beserings gesukkel. Sy het sedert haar Wimbledon-oorwinning slegs drie wedstryde gespeel en het haar in Julie aan verskeie geleenthede onttrek weens buikspierbeserings.
Sy het verlede week haar wedstryd teen die Amerikaner Lauren Davis gewen, maar die volgende dag teen die 33ste gekeurde Magdalena Rybarikova verloor.
"Ná slegs 45 minute of 'n uur se spel het ek oral pyn. Ek doen dit al so lank, en ja, liggaamlik kan ek dit net nie meer doen nie.
"Ná slegs een stel pyn my hele liggaam. Almal sal my Wimbledon-titel onthou – niemand sal die laaste wedstryd onthou wat ek hier gespeel het nie."


  • gholf

    Tim Clark voltooi sirkel

  • ander

    Goue seuns!

  • ander

    Dag 6: Statebondspele

  • rugby

    Waratahs behou sy wenspan

  • rugby

    Hou Blitsbokke nóú dop

  • rugby

    Strauss uiteindelik 'n Bul

  • rugby

    SA se statistieke nie te ‘Super’

  • ander

    Vinnige Fanie wen weer goud

  • rugby

    Cecil sal medalje 'koester'

  • krieket

    Vernon SA se held

  • ander

    Klink op skinker

  • rugby

    Redelinghuys dink nie nou aan toetsrugby

  • rugby

    Carter, nog twee terug vir All Blacks

  • rugby

    Uittog begin ná WB

  • rugby

    Joubert blaas fluitjie in Superrugby-eindstryd

  • rubrieke

    SA sidder bietjie oor Aussie-oplewing

  • krieket

    KP swaai kolf binnekort in Australië

  • ander

    Anderson uit top-20 ná hy in Atlanta verloor

  • rugby

    Tukkie straks JJ se CB-sentermaat

  • rubrieke

    Kommentators kwetter oor Clark-greep

  • krieket

    Punjab sal Dolphins moet betaal vir Miller

  • krieket

    Sesse: Knights kies eers later

  • rugby

    Haai, Ikey én Matie oefen in Kimberley

  • Uitslae: 28 Julie

  • TV-hoogtepunte: 29 Julie

  • krieket

    SA weer nr. 1

  • ander

    Anderson sak terug op ranglys

  • ander

    Medaljewenner kon Gelant nog nooit klop

  • rugby

    Carter terug in All Black-groep

  • krieket

    Draai-toets wag op SA (telbord en twiets)

  • rugby

    Joubert blaas in Super-eindstryd

  • ander

    De Voest tree uit

  • rugby

    Glorie vir Blitsbokke

  • ander

    Statebondspele: Dag 5 (twiets en program)

  • rugby

    Swart dag vir Haai-rugby

  • ander

    Chad tree nader aan 7

  • ander

    Nóg goud vir SA

  • sokker

    Shakes ‘aan die begin van pad’

  • krieket

    Nóg ’n trofee vir Tuks

  • ander

    ‘Skoon’ Nibali seëvier in Tour

  • rugby

    Waratahs se Cheika wil nie oor Crusaders tob

  • krieket

    SA A se Rossouw veg tevergeefs met kolf

  • sokker

    Driekuns vir Pirates met sege oor Chiefs

  • ander

    Andujar wen uiteindelik weer ’n tennis-titel

  • ander

    Daniel bo in Hongaarse chaos

  • rugby

    Span ‘vervreem aanhangers met só speelstyl’

  • rugby

    Cronjé is voor die CB-reeks in Durban

  • Uitslae: 27 Julie

  • TV-hoogtepunte: 28 Julie

  • skole

    Uitslae

  • skole

    Affies is kampioen van Coke-toernooi

  • skole

    Tuine steeds kampioen

  • skole

    Klerkies Luiperds se koning

  • krieket

    SA in stryd om oorlewing

  • ander

    Silwer vir SA in gemengde driekamp-aflos