Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    17°C / 6°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Maandag

    21°C / 8°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Dinsdag

    21°C / 8°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Woensdag

    23°C / 9°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Donderdag

    24°C / 9°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%


Adriaanse in 2014 ’n Haai

Stut-skok vir GW, Cheetahs

Sluit aan by Hewitt, Downey in Durban

Gerdie Karstens
Donderdag 15 Augustus 2013
Koebaai. Die hardwerkende Lourens Adriaanse is van volgende jaar af ’n Haai. Hy speel wel nog vanjaar vir Griekwas in die Curriebeker-reeks. Foto: Conrad Bornman

BLOEMFONTEIN. – ’n Yslike terugslag het die Cheetahs en Griekwas getref met die nuus dat die stut Lourens Adriaanse vir 2014 ’n kontrak met die Haaie gesluit het.

Lourens het ’n baie goeie aanbod van die Haaie gekry en besluit om dit te aanvaar. Ons het probeer om hom in Kimberley te hou, maar dit was uiteindelik net nie moontlik nie.

Arni van Rooyen

Die woelige stut sal nog vir die duur van die Curriebeker-reeks by Griekwas betrokke wees, maar van volgende jaar af teen die Cheetahs in die Superrugby-reeks die skrum-vuur help stook.

Adriaanse is die derde speler van Griekwas wat deur die Haaie opgeraap word. Die slot Edwin Hewitt en flank Justin Downey is ook deesdae Durbaniete.

Dit is juis by die sentrale streekspan waar Adriaanse wasdom bereik het wat sy skrumwerk en algemene spel betref. Saam met Coenie Oosthuizen, Trevor Nyakane en Adriaan Strauss het hy vanjaar ’n gedugte voorry gevorm en is almal deur die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, met ’n uitnodiging na die Bok-groep beloon.

By die Haaie sal hy met die Bok-stut Jannie du Plessis om deelname aan die Super-reeks meeding, maar hy behoort die eerste keuse vir 2014 se Curriebeker te wees sou Du Plessis Bok-verpligtinge hê.

Die 25-jarige Adriaanse is sekerlik nie om dowe neute deur Meyer by die Bok-groep vir die onlangse toetse teen Italië, Skotland en Samoa betrek nie.

Die 31-jarige Du Plessis het waarskynlik nie meer jare se rugby oor nie en Meyer sal nou reeds na ’n geskikte plaasvervanger vir hom op soek wees.

Adriaanse blyk daardie oplossing te wees, nadat hy nie net in die Super-reeks nie, maar ook verlede naweek teen die Haaie gewys het wat in hom steek.

Dit was Adriaanse wat aan die spits van Griekwas se oorheersing in die skrums gestaan het en dit was hy wat met plettervatte op ’n Bok-flank soos Jean Deysel die Noord-Kapenaars aangevuur het.

Die Noord-Kapenaars sal nog vir die duur van die reeks uit sy hoë werketiek en yster-skrumwerk kan munt slaan, maar Griekwas se uitvoerende hoof, Arni van Rooyen, het gister die skuif na Durban bevestig.

“Lourens het ’n baie goeie aanbod van die Haaie gekry en besluit om dit te aanvaar. Ons het probeer om hom in Kimberley te hou, maar dit was uiteindelik net nie moontlik nie,” het Van Rooyen gesê.

Van Rooyen het goeie nuus vir Griekwas gehad met die heelagters Danie Dames (Luiperds) en Jacquin Jansen (Boland) asook die senter Jonathan Francke (Boland) wat in 2014 die Diamantstad hul tuiste sal maak.

* Griekwas sal vanaand weer swaar steun op Adriaanse se skrumtegniek in hul wedstryd teen die Blou Bulle in Pretoria.

* Blou Bulle: Jurgen Visser, Sampie Mastriet, Ulrich Beyers, Francois Venter, Travis Ismaiel, Tony Jantjies, Rudy Paige, Jono Ross (k), Jacques du Plessis, Wiaan Liebenberg, Grant Hattingh, Paul Willemse, Werner Kruger, Callie Visagie, Morné Mellett. PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi, Marcell van der Merwe, Wilhelm Steenkamp, Jean Cook, Ruan Snyman, Waylon Murray, Clayton Blommetjies.

* Griekwas: Gouws Prinsloo, Nico Scheepers, JP Nel, Howard Mnisi, PJ Vermeulen, Francois Brummer, Jacques Coetzee, Burger Schoeman, Jonathan Adendorf, Carel Greeff, Jaco Nepgen, Hilton Lobberts, Lourens Adriaanse, Ryno Barnes (k), Steph Roberts. PLAASVERVANGERS: Matt Dobson, Nick Schonert, RJ Liebenberg, Leon Karemaker, Marnus Hugo, Du Randt Gerber, Rocco Jansen.

Skeidsregter: Marius van der Westhuizen.

Afskop: 19:10.



  • rugby

    Pumas skok Haaie

  • rugby

    Mapoe lei die Leeus in sy geboortestad

  • rugby

    Flou Bulle wag op Loftus

  • rugby

    Bokke kán skrum, sê Matfield

  • meersport

    ‘Hokkie moet hul werk word’

  • meersport

    Atlete bibber nie oor die weer

  • menings

    Streeptruie moet Heyneke vandag guns bewys

  • meersport

    Kevin blits Pool kis

  • atletiek

    Cornel haastig in Switserland

  • rugby

    Kobus gee WP woema

  • krieket

    Werner wil voor vat

  • krieket

    SA boulers keer rooi gesigte

  • skole

    Oberholster kan spel met skoen dikteer

  • rugby

    Sarel ken Kby se slagveld

  • rubrieke

    Juan se Springbok-besluit is prysenswaardig

  • skole

    Taljaard en Helm is saam ’n drieëmasjien

  • skole

    Dweba kan yslike impak maak

  • rugby

    Strydom vat Horak se pligte oor by VS

  • rugby

    Oersond vra span moet lak vir vale

  • rubrieke

    Jonges se gesukkel wek kommer

  • gholf

    Puik Otto ryg voëltjies in vir voortou in Turyn

  • TV-hoogtepunte: 30 Augustus

  • Uitslae: 29 Augustus

  • VSA Ope: Foto-hoogtepunte

  • rugby

    WP moet ligloop vir dié gekweste Bulle

  • meersport

    Daryl Impey vrygespreek

  • rugby

    Mapoe lei die Leeus

  • krieket

    Zim se Prosper draai Proteas dronk

  • atletiek

    Cornel weer eerste met sy beste tyd vanjaar

  • rugby

    Joshua kry dalk sy kans

  • rugby

    Whiteley in Alberts se plek Australasië toe

  • krieket

    SA kort meer vuur in veld

  • rugby

    ’n Ander dierasie

  • rugby

    ‘Juan verdien meer respek’

  • meersport

    Chad laat spat sy eie rekord

  • rugby

    Pumas koester wraakgedagtes

  • meersport

    Ana blaas aftog

  • rugby

    Stut, slot of flank, Henco wíl speel

  • rugby

    Lerm wou nie net rugby op televisie kyk

  • atletiek

    Blitsige langasems kom

  • rugby

    Hammies tussen Maties en kroon

  • rugby

    Ronnie moet Stokkies dophou

  • rubrieke

    Sokker het spelers soos Mario nodig

  • rugby

    IRR verander naam ‘om spel uit te bou’

  • sokker

    Platini pleit vir nog ’n Europese span in WB

  • sokker

    Rooney as Engeland-kaptein aangewys

  • rugby

    Top-Aussies nou geregtig op sabbatsjaar

  • TV-hoogtepunte: 29 Augustus

  • Uitslae: 28 Augustus

  • rugby

    Stander óf Potgieter op nr.10 vir die Bulle

  • rugby

    Taute op senter vir Loftus-stryd

  • rugby

    Coetzee op nr. 10 vir Leeus

  • meersport

    Kevin skrik groot

  • gholf

    Rory nog nie beter as Tiger, glo Ernie

  • rugby

    Hansen vererg oor Sonny Bill-kritiek

  • rugby

    ‘Ek wil net speel’

  • krieket

    Streepsuiker!

  • meersport

    Chad en Roland seëvier in Doha

  • rugby

    Unieke mylpaal vir Botes

  • rugby

    Ervare Francois moet jonges lei

  • sokker

    Manchester United opgeDons

  • rugby

    VS o.21’s span Henry dalk in

  • rugby

    Wallabies pak Bokke sonder Nathan, Pat

  • krieket

    Werner lei span met Pite as sy adjudant

  • rugby

    OP se Dukisa sluit kontrak met Griekwas

  • atletiek

    Khotso se kop is reg, sê sy afrigter

  • atletiek

    Ervare Vosloo nou Twee Oseane-baas

  • sokker

    Geen kwade gevoelens, sê Eto’o oor Mourinho

  • krieket

    Benaud saai dalk krieket van sy huis uit

  • meersport

    Gesoek: Opvolger vir Bonnet

  • TV-hoogtepunte: 28 Augustus

  • Uitslae: 27 Augustus