Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 8°C

    Wind 24km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Vrydag

    22°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Saterdag

    23°C / 13°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%

  • Sondag

    21°C / 5°C

    Wind 26km/h

    Reënval 4.4mm

    Humiditeit 31%

  • Maandag

    18°C / 7°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Dinsdag

    20°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%


Jobodwana, Viljoen skitter in Moskou

johan van wyk
Vrydag 16 Augustus 2013
Anaso Jobodwana van Suid-Afrika het Vrydagoggend in die 200 m die vinnigste tyd van die sewe uitdunne op die wêreldkampioenskappe in Moskou opgestel. Foto: Julian Finney | Getty Images

Die Suid-Afrikaners Anaso Jobodwana en Sunette Viljoen het Vrydagoggend in Moskou indrukwekkende vertonings by atletiek se wêreldkampioenskappe gelewer.

Jobodwana het in die 200 die vinnigste tyd van die sewe uitdunne (20.17) opgestel. Dis net 0.04 duskant die beste tyd van sy 21-jarige lewe  en hy het duidelik op sy gemak gelyk toe hy verby die wenpaal draf. Usain Bolt het die sewende uitdun in 20.66 gewen.

Vanaand (17:40 SA tyd) in die 200-halfeindronde lyk Morné Nagel se SA rekord (20.11) in groot gevaar en dit sal nie verbaas indien Jobodwana, die dubbele wêreld-studentekampioen in die 100 en 200, die eerste Suid-Afrikaner onder 20 sekondes word nie. Hy moet 'n baie goeie kans hê om saam met Bolt in môreaand se 200-eindstryd weg te spring.

In die vroue-spiesgooi het Viljoen sommer met haar eerste gooi in die kwalifiserende rondte tot die eindrondte Sondag deurgedring. Sunette se afstand (64.51) oortref haar beste vanjaar (63.49).

Die Rus Maria Abakumova was met 'n 69.09 die beste kwalifiseerder.

Drie ander Suid-Afrikaners is ook vanaand in aksie: Khotso Mokoena van 17:30 (SA tyd) af in die verspring-eindronde; om 18:45 spring Elroy Gelant in die 5 000-eindronde weg en Johan Cronjé veg van 17:05 af in die 1 500-halfeindronde vir 'n plek in Sondag se eindronde.



  • BeeldTV: Ons rugby sloer; 'n seder val by United

  • Franco kies koers na Belfast

  • Beseerdes toer saam met Haaie

  • Frans behou lostrio ondanks kleitrappery

  • Flip se hou kos hom 3 weke

  • Fifa verlig Barcelona se hoofpyn so effens

  • Djokovic glo hy sal in Madrid kan afslaan

  • Harris dink aan uittree ná As-reeks

  • Scholes kom help

  • SWD en WP in stryd om 2de plek

  • Iron Mike en die King

  • Kolwe klap op 1ste dag van klubtoernooi

  • Russiese doepa 2de keer te sterk vir Ferrer

  • Dit woel in ASA voor verkiesing

  • KSA pos Ray ná glorie

  • Jake kies Paul en JP toe wel

  • Krieket kry ’n nuwe toernooi

  • Chelsea laat sy spelers rus

  • Grant lig sluier oor sy spel

  • Rhule nommerpas in rol

  • Hansen vra Kiwi’s om eerder tuis te bly

  • Torsten se groot kans, sê Rory

  • TV-hoogtepunte: 24 April

  • Uitslae: 24 April

  • Victor voer Bulle aan ná Flip se skorsing

  • Sharapova sweet vir sege in Stuttgart

  • Bulle kry nuwe haker

  • Rhule begin vir Cheetahs

  • Lobberts fiks vir Luiperds-stryd

  • ‘Twee kan word nes Coetzee’

  • Jake sal Pat-nuus gulsig opslurp

  • Victor lei dalk die Bulle

  • Blitsige Devon kry Superkans

  • Lood meen hy sal reg wees vir Bok-groep

  • Rubriek: Transformasie se plusse, minusse

  • Real ruk op met staatmakers

  • Laporte vol moed, al speel Bakkies, Ali nie

  • Tuks kan driekuns kry in krieket

  • Bokkies-uitdaging

  • ’n Seder val by United

  • Harmer, White wag op Kovsies

  • Britse bokser vanaand in aksie in Kempton Park

  • Kiwi’s se Jesse gaan vir Essex kolf swaai

  • Rusland ‘moet leer in opwarmwedstryde’

  • Gunsteling sal oor skouer loer

  • TV-hoogtepunte: 23 April

  • Uitslae: 23 April

  • Flip se lot later bepaal

  • Armstrong se spanbaas ry ook aan pen

  • Williams begin vir Stormers

  • Deans word afrigter van voorste Japanse klub

  • Moyes kry trekpas; Giggs hou leisels