Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    25°C / 15°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Woensdag

    25°C / 14°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Donderdag

    27°C / 15°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Vrydag

    30°C / 18°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Saterdag

    29°C / 15°C

    Wind 23km/h

    Reënval 2.3mm

    Humiditeit 19%

  • Sondag

    26°C / 12°C

    Wind 22km/h

    Reënval 14.8mm

    Humiditeit 31%


Bafana hoop geskiedenis word herhaal in stryd teen Botswana

Johann de Jager
Maandag 02 September 2013

BLOEMFONTEIN. – Suid-Afrika moet die naweek die deur oopskouer teen sy buurman as hy sy kanse vir aanstaande jaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi in Brasilië lewend wil hou.

Bafana Bafana pak Botswana Saterdag in Durban in hul laaste groepwedstryd.

Suid-Afrika het albei vorige tuiswedstryde teen die Zebras, waarvan een in Durban was, gewen.

Die Suid-Afrikaners het nog net een keer, in 2006 in Gaborone, met ’n uitskopstryd aan die einde met 5-6 teen Botswana in sewe ontmoetings verloor.

Die gelykopuitslag van 1-1 in die eerste ronde van die groepfase, verlede jaar in Gaborone, het Bafana Bafana van 2 waardevolle punte beroof.

Dis iets wat nie Saterdag in die Moses Mabhida-stadion weer mag gebeur nie.

Suid-Afrika het vroeër sy voet terug in die deur gekry nadat Ethiopië gestraf is, omdat hy ’n geskorste speler in sy groepwedstryd teen Botswana ingespan het.

Die tuisspan móét nou Saterdag wen en hoop dat Ethiopië nie enige punte in sy wedstryd teen die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) in Brazzaville kry nie.

Dié wedstryd word weens die oproer in die SAR weer op ’n neutrale veld beslis.

Hoewel Gordon Igesund, die afrigter van Bafana Bafana, sy beste span in ’n lang tyd tot sy beskikking het, is die besoekers besaai met spelers wat hul klubsokker in Suid-Afrika speel.

Die verdediger Mogogi Gabonamong se SuperSport United is onoorwonne en die vroeë voorloper in die plaaslike Premiersokkerliga.

En dan is daar die gevaarlike Joel Mogorosi van Bloemfontein Celtic wat Bafana Bafana in die verlede laat bontstaan het. Dié middelveldspeler was die Speler van die Telkom-uitklopreeks en hy het reeds twee doele in Celtic se eerste drie PSL-wedstryde aangeteken.

Die Botswana-doelwagter, Kabelo Dambe, en middelveldspeler Mogakolodi Ngele speel vir Platinum Stars. Nog twee middelveldspelers, Galabgwe Moyana en Ntesang Simanyana, speel vir Polokwane City.

Ofentse Nato van Black Aces het die gelykmaker in die spanne se vorige wedstryd aangeteken.



  • rugby

    Small-Smith op kantlyn

  • rugby

    Coenie begin sweet

  • rugby

    Tyd vir vuur stook

  • rugby

    Wallabies wil vloek besweer

  • rugby

    Cruden ‘gebroke’ ná hy vlug verpas

  • rugby

    Blye nuus vir WP se afrigter

  • krieket

    Knights soek nuwe spanborg

  • gholf

    In sy hart, in sy hare

  • meersport

    Kovsies en Pukke speel gelykop

  • rubrieke

    Senatla kan Bokke die X-faktor gee

  • rugby

    Nie net ’n lugkasteel

  • krieket

    Blitsige Dolphins, nóg ’n keer gekelder

  • rugby

    Haaie lugtig vir melkkoei-span

  • rugby

    Nuwe kragmanne én leier vir Carlos se span?

  • rugby

    All Blacks ‘is ware brekers’

  • TV-hoogtepunte: 23 September

  • Uitslae: 22 September

  • rugby

    'Gefuif' kos All Black sy plek in span

  • rugby

    Carr, Senatla op Heyneke se radar

  • rugby

    ‘Ek is nou ’n Fransman’

  • rugby

    Dis weer Blou Maandag

  • rugby

    5 Curriebeker-lesse

  • gholf

    Connie kraai koning

  • sokker

    Leicester skok Rooi Duiwels

  • rugby

    Duncan verheug oor bonuspunt

  • meersport

    Lewis in binnebaan ná Singapoer-sege

  • rugby

    GW ‘veg om te oorleef’

  • atletiek

    Kibor laat Kenia-vlag in Kaap wapper

  • krieket

    Blizzard waai Cobras heeltemal van koers

  • meersport

    Tuks en Pukke maak hul stem dik

  • rugby

    Haaie se triomf ’n lafenis

  • rugby

    Cheslin en kie eindig op hoë noot

  • TV-hoogtepunte: 22 September

  • Uitslae: 21 September

  • skole

    Middelburg moker 499!

  • skole

    Nellies op pad na Noordvaal