Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Donderdag

    21°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Saterdag

    17°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 34%

  • Maandag

    18°C / 7°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 37%


Bismarck ná jaar weer in Bok-beginspan

Louis de Villiers
Maandag 02 September 2013
Beauden Barrett kou harde bene in die All Blacks se oefensessie Sondag in die Waikato-stadion in Hamilton, Nieu-Seeland. Die All Blacks pak Argentinië Saterdag. Foto: Hannah Johnston | Getty Images

BRISBANE. – Bismarck du Plessis behoort Saterdag vir die eerste maal in langer as ’n jaar vir die Springbokke uit te draf as hulle hier teen Australië te staan kom in die Rugby-kampioenskap, het die Bok-breier, Heyneke Meyer, gister laat val.

Ons het die laaste ruk baie gereis; dis nie om verskonings te soek nie, maar ons kan baat vind by ’n paar stelle varser bene.

Heyneke Meyer

Du Plessis sal ook die onderkapteinskap oorneem by Adriaan Strauss, wat van die plaasvervangersbank sal speel.

“Ek oorweeg dit om ’n paar spelers te roteer,” het Meyer gesê. “Ons het die laaste ruk baie gereis; dis nie om verskonings te soek nie, maar ons kan baat vind by ’n paar stelle varser bene.

“Adriaan het dié seisoen al bitter baie rugby gespeel en Bismarck is honderd persent fiks, so die kans is goed dat hy Saterdag as haker sal uitdraf.”

Al Meyer se spelers behoort slaggereed te wees nadat geeneen van sy Europese Bokke die naweek seergekry het nie.

Die Bokke se spandokter, Craig Roberts, het gesê Chiliboy Ralepelle het genoeg van sy rugbesering herstel dat hy vandag al saam met die span sal oefen.

Bjorn Basson, wat las gehad het van ’n polsgewrigbesering, het Saterdag saam geoefen.

Die Bok-breier het sy kaarte teen sy bors gehou oor die heelagter-posisie. Daar word bespiegel dat die veilige Zane Kirchner dalk die laaste vesting sal beman, met die opwindende Willie le Roux op vleuel of op die bank.

Meyer het wel geskimp dat Flip van der Merwe dalk op slot in Juandré Kruger se plek sal begin om die Bok-agttal meer fisiek te maak.

Meyer wou hom nie juis uitlaat oor die Bokke se swak vertoningslys (van sewe nederlae uit sewe) in die Suncorp-stadion nie. Die Bokke kon ook laas in 1971 dáár wen.

“Ons het ook nou die dag vir die eerste maal in Soweto gewen, én in Mendoza, as jy so daarna wil kyk. Maar dit lei net ’n mens se aandag onnodig af as jy só op die negatiewes fokus.

“In die ou dae sou jy sulke statistieke gebruik het om die manne aan te vuur. Maar deesdae is internasionale spanne se verdedigingstrukture amper ondeurdringbaar en moet jy jou fokus behou om jou planne ordentlik uit te voer. Ek weet mense meen ons wedstrydplan het baie verander, maar ons probeer altyd ons agterlyn ruimte gee. Dis net nie altyd moontlik nie.

“Weg van jou huis af, is alles nou maar een maal ’n groter gestoei.”



  • rugby

    Genia steeds langs kantlyn

  • krieket

    Jong Kiwi mag nie meer boul – IKR

  • rugby

    Bongi vul WP-hakerspens

  • ander

    Mank Blake stel sy visier nou op Rio de Janeiro

  • ander

    Doel: Podiumplek

  • rugby

    Pat gee nie om as hy op bank sit

  • krieket

    Tahir kry weer kans

  • rugby

    Saru rol rond oor uittog

  • rugby

    Steggies hoop om te lei soos hy gelei is

  • ander

    Murray mik na goue medalje in driekamp

  • rubrieke

    Waarom so baie passasiers, SSA?

  • ander

    Nóg top-langasems spook dit gou in Kaapstad uit

  • rugby

    Habana skielik op bystand vir Blitsbokke

  • sokker

    Löw steeds aan stuur van Duitse sokkerspan

  • ander

    Koekemoer wen uitdun op junior byeenkoms

  • ander

    Pool wys sy staal in Pireneë

  • sokker

    Brasilië stel Dunga in Scolari se plek aan

  • rugby

    Kings-voorryman vervang Trevor

  • rugby

    Skoolseun in VS se Curriebeker-groep

  • rugby

    Botha reg vir dryf-aanslag

  • sokker

    SA hoor gou, maar nuwe breier nie daar

  • Uitslae: 23 Julie

  • TV-hoogtepunte: 24 Julie

  • rugby

    Strauss glo nie ’n Bul

  • rugby

    Mof sal in graf omdraai oor Haaie se Tenk

  • rugby

    Juan word weer ’n Bok

  • ander

    ’n Hekkie te hoog

  • krieket

    Quinton baat by AB se seer rug

  • rugby

    Dié 55 speel in skole-proefstryd

  • rugby

    Potgieter draf uit vir ’Tahs, maar. . .

  • rugby

    Blou Bulle kies twee nuwe visepresidente

  • ander

    Proteas kan grotes skok, sê hokkiekaptein

  • krieket

    Beplande oorbrug sneuwel weens kriekettoetse

  • sokker

    Groot eer vir seëvierende Duitse sokkerafrigter

  • sokker

    FA gaan Fifa vra oor sy korrupsie-ondersoek

  • sokker

    Ronaldo wil weer doele inryg ná WB-teleurstelling

  • ander

    Anriëtte op kruin voor Spele

  • krieket

    Cook bly kaptein

  • rugby

    CB-planne met Burger, De Bruin

  • ander

    Aussie wen uiteindelik Tour-skof

  • rugby

    Blackadder mik na 2 uit 2

  • rugby

    Bulldogs wil só meer byt kry

  • TV-hoogtepunte: 23 Julie

  • krieket

    Ntini soek na môre se sterre

  • Uitslae: 22 Julie

  • krieket

    Hash glo Tahir sál die mas opkom

  • rugby

    Springbok-groep eers later bekend

  • ander

    Contador ook uit Vuelta

  • ander

    Kyalami kom Donderdag onder die hamer

  • krieket

    Williamson se boul-dae op ys

  • rugby

    Min verrassings in Wallaby-groep

  • ander

    VS-muurbal weer een van SA se bestes

  • rugby

    Richie gee dalk ’Saders hupstoot

  • krieket

    KSA sit glo voet neer oor TV

  • rugby

    ‘Lekker dilemma’: Wie speel nr. 10?

  • rugby

    Luiperds kry ‘nóg ’n jaar van voorberei’

  • ander

    Marizen op pad na China

  • rugby

    Spele-reël laat rugby-deur oop

  • rugby

    Jackson blaas in Christchurch

  • rugby

    Torsten draf voor vir VS

  • rugby

    CJ kan die Cheetahs pak

  • rugby

    Die Bok-temmer

  • krieket

    Wink swanesang?

  • ander

    Chani spring ver op wêreldranglys

  • gholf

    Vierde plek laat Pace op gholfgeldlys klim

  • rubrieke

    Maak dié rugbysom en boer vorentoe

  • gholf

    ’n Ierse viering met Duitse byt

  • sokker

    Gerrard klaar met internasionale sokker

  • sokker

    Rodríguez straks Real se tweede groot kopie

  • rugby

    Twee gedenkdienste vir oud-Bul Schalk van Dyk

  • krieket

    Van trane tot triomf vir Indië

  • ander

    Wozniacki wen ook weer

  • TV-hoogtepunte: 22 Julie

  • Uitslae: 21 Julie