Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 6°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Dinsdag

    16°C / 6°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Woensdag

    17°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%


Indiërs boelie KSA

Korter toer = miljoene minder

Christo Buchner
Maandag 02 September 2013

JOHANNESBURG. – Die Indiese Krieketraad (BCCI) het skynbaar besluit om Suid-Afrikaanse krieket ’n les te leer wat hy nie gou sal vergeet nie.

Dít alles omdat Krieket Suid-Afrika (KSA) volgens die BCCI die “vermetelheid” gehad het om Haroon Lorgat teen sy wil as die SA beheerliggaam se nuwe uitvoerende hoof aan te stel.

Die BCCI het met boelie-taktiek besluit om sy toer later vanjaar in Suid-Afrika aansienlik te verkort, wat onder meer beteken die kolfmeester Sachin Tendulkar sal nie meer sy 200ste toets in Suid-Afrika speel nie.

Die oorspronklike toerdatums in Suid-Afrika sou van 18 November tot 21 Januarie wees.

Die BCCI het egter intussen gereël dat die Wes-Indiese Eilande vroeg in November in Indië toer, terwyl Indië gister ook aangekondig het dat hy vanaf middel Januarie twee toetse en vyf eendagstryde in Nieu-Seeland gaan speel. Die Windies-toer sal twee of selfs drie toetse insluit, asook enkele eendagstryde. Dit beteken Tendulkar, wat nou op 198 toetse staan, sal dan die mylpaal van 200 toetse in sy land bereik en nie meer tydens die beoogde Nuwejaarstoets in Kaapstad nie.

Veel erger egter is die geldelike verlies wat KSA in die gesig staar as die toer kwaai ingekort word en Tendulkar nie meer sy 200ste toets hier speel nie.

Daar word selfs gesê die geld wat KSA met die Majola-bonusskandaal verloor het, gaan kleingeld wees teenoor wat hy uit TV-regte gaan verloor vir ’n verkorte Indiese toer.

Volgens ingeligte bronne sou KSA tot R300 miljoen ryker kon word uit ’n volle Indiese toer.

Vir elke dag wat verlore gaan, kan hy tot R2,5 miljoen per dag verloor. “As jy R100 miljoen uit die begroting van die Indiese toer neem, is KSA in groot geldelike moeilikheid,” is aan Sport24 gesê.

Die BCCI, in die persoon van sy voorsitter, Narayanaswami Srinivasan, is skynbaar in ’n persoonlike vete met Lorgat gewikkel. Hy was kwaai gekant teen Lorgat se aanstelling as KSA se uitvoerende hoof.

Lorgat is in sy tyd as die uitvoerende hoof van die Internasionale Krieketraad (IKR) beskou as iemand wat die rug styf gemaak het teen die BCCI se boelie-taktiek. Dit sluit in hoe die IKR se toerprogram moet lyk, die skeidsregter-verwysingstelsel waarteen Indië gekant is en ook die IKR se korporatiewe bestuurstyl.

’n Ingeligte bron het gesê Indië het egter nie die IKR se toerprogram-beleid onderteken nie en daar is dus niks wat aan hom gedoen kan word as hy links en regs toere verkort en ander reël nie.

“KSA kan dus nie eens dreig om hulle hof toe te sleep oor ’n verlies aan inkomste nie,” volgens die bron.

Die aanvanklike Indiese toerprogram in Suid-Afrika sou drie toetse, sewe eendagstryde en twee T20-kragmetings behels het, maar sal straks nou uiteindelik net uit twee toetse, drie of vier eendagstryde en die twee T20’s bestaan.

Anders as in die verlede, is geen personeellid van KSA ook genader om tydens die Kampioeneliga te help nie. Daar is sprake dat die $4 miljoen (meer as R40 miljoen) wat KSA sou kry as een van die hooflede van die Kampioeneliga, glo nie meer betaal gaan word nie.



  • rugby

    Glorie vir Blitsbokke

  • ander

    Chad tree nader aan 7

  • krieket

    Nóg ’n trofee vir Tuks

  • ander

    Nóg goud vir SA

  • krieket

    Draai-toets wag op SA

  • ander

    ‘Skoon’ Nibali seëvier in Tour

  • sokker

    Shakes ‘aan die begin van pad’

  • rugby

    Waratahs se Cheika wil nie oor Crusaders tob

  • krieket

    SA A se Rossouw veg tevergeefs met kolf

  • sokker

    Driekuns vir Pirates met sege oor Chiefs

  • ander

    Andujar wen uiteindelik weer ’n tennis-titel

  • rugby

    Swart dag vir Haai-rugby

  • ander

    Daniel bo in Hongaarse chaos

  • rugby

    Span ‘vervreem aanhangers met só speelstyl’

  • rugby

    Cronjé is voor die CB-reeks in Durban

  • ander

    Statebondspele: Dag 5

  • Uitslae: 27 Julie

  • TV-hoogtepunte: 28 Julie

  • skole

    Uitslae

  • skole

    Affies is kampioen van Coke-toernooi

  • skole

    Tuine steeds kampioen

  • skole

    Klerkies Luiperds se koning

  • krieket

    SA in stryd om oorlewing

  • ander

    Silwer vir SA in gemengde driekamp-aflos

  • rugby

    Waratahs bespreek tuiseindstryd

  • rugby

    Haaie buig knie teen Crusaders

  • krieket

    Proteas verwelk in Colombo

  • sokker

    Mashaba is nuwe Bafana-afrigter

  • ander

    Medalje-sukses!

  • krieket

    ’n Oorlewingstryd (telbord en twiets)

  • ander

    Nóg ’n judo-brons vir SA

  • ander

    Statebondspele: Dag 3

  • rugby

    ‘Ons gaan nie hensop’ (twiets)

  • ander

    Vier knelpunte in Formule Een

  • rubrieke

    Doen iets om dié SA atlete te help

  • ander

    ASA los twee sterre tuis

  • rugby

    Strauss (eindelik) ’n Bul

  • ander

    Britse Leeu se seun in die pekel

  • krieket

    Jadeja beboet; Anderson nog nie

  • ander

    Kevin kry slae

  • ander

    F1-Grand Prix in 2016 in Bakoe

  • rubrieke

    Norfolk rol SA dalk op baan, maar ...

  • rugby

    SA ‘kán Kiwi’s tem’

  • sokker

    Keshi of Carlos breier?

  • skole

    Dié wedstryde Saterdag beslis

  • Uitslae: 25 Julie

  • TV-hoogtepunte: 26 Julie