Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 13°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Maandag

    25°C / 13°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Dinsdag

    25°C / 14°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Woensdag

    26°C / 14°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Donderdag

    28°C / 15°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Vrydag

    30°C / 16°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.4mm

    Humiditeit 19%


Griekwas nog op hete kole oor Arnold

Gerdie Karstens
Dinsdag 03 September 2013
Rory Arnold (met die bal) sal vandag eers sy lot hoor nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ’n Vrystater gebyt het. Foto: Conrad Bornman

BLOEMFONTEIN. – Griekwas se Australiese slot, Rory Arnold, sal eers vandag weet of hy nog enigsins deel van vanjaar se Curriebeker-rugbyreeks gaan wees.

Die 23-jarige Arnold het gister in Plattekloof in die Kaap voor ’n tugkomitee verskyn op ’n klag dat hy die Cheetahs se plaasvervanger-haker, Ethienne Reynecke, verlede Saterdag in die spanne se buurstryd gebyt het.

Daar is verwag dat, hetsy goed of sleg, die uitslag van die verhoor gister reeds bekend sou wees. Maar Arni van Rooyen, Griekwas se uitvoerende hoof, het bevestig dat hulle eers vandag die amptelike uitspraak sal ontvang.

As Arnold skuldig bevind word, kan hy tot tien weke geskors word, wat sy Curriebeker-deelname met ’n enkele wedstryd op sy kerfstok sal kortknip.

Word hy vrygespreek, sal hy beslis teen die Leeus op GWK-park in Kimberley opdraf.

Griekwas se afrigter, Pote Human, het sy misnoeë uitgespreek dat die verhoor nie afgehandel is nie.

“Vir ons is dit geweldig sleg, want dit beteken dat ons inderwaarheid eers môre (vandag) met ons voorbereiding vir die Leeus-stryd kan begin.

“Ek wou al span bekend gemaak het en my voorbereidings afgehandel het. Nou wag ons,” het Human gesê.

Die waarskynlike rede waarom die voorsitter van die tugkomitee, Peter Ingwersen, eers vandag uitspraak lewer, is dalk om weer die beeldmateriaal van alle kante te bestudeer.

Hoewel dit duidelik is dat Reynecke se linkerarm om Arnold se nek was toe die Aussie vir sy drie oorgegaan het, is daar geen hoek wat enige byt wys nie.

Dit sal dus vir die komitee bitter moeilik wees om Arnold skuldig te bevind.

Is dit egter wel die geval, het Human reeds ’n gebeurlikheidsplan in plek. Hy het as voorsorg-maatreël die dienste van die Luiperds-slot Victor Kruger vir die res van die Curriebeker-reeks bekom. Hy was vanjaar die Pukke se kaptein in die Varsitybeker-reeks en sy koms is soos manna uit die hemel vir die Noord-Kapenaars.

“Ons is bitter dun aan slotte en Victor sal ons beslis diepte gee. Ons moet fokus op die wedstryd op hande, maar dit is moeilik omdat ons nog nie weet wat Rory se lot is nie,” het Human bygevoeg.

Griekwas het ook hul flank-diepte aangevul deur die OP-Kings se Dalton Davis te lok.



  • rugby

    ‘Ek is nou ’n Fransman’

  • rugby

    Dis weer Blou Maandag

  • rugby

    5 Curriebeker-lesse

  • gholf

    Connie kraai koning

  • sokker

    Leicester skok Rooi Duiwels

  • rugby

    Duncan verheug oor bonuspunt

  • meersport

    Lewis in binnebaan ná Singapoer-sege

  • rugby

    GW ‘veg om te oorleef’

  • atletiek

    Kibor laat Kenia-vlag in Kaap wapper

  • krieket

    Blizzard waai Cobras heeltemal van koers

  • meersport

    Tuks en Pukke maak hul stem dik

  • rugby

    Haaie se triomf ’n lafenis

  • rugby

    Cheslin en kie eindig op hoë noot

  • TV-hoogtepunte: 22 September

  • Uitslae: 21 September

  • skole

    Middelburg moker 499!

  • skole

    Nellies op pad na Noordvaal

  • gholf

    Teater van drome

  • meersport

    Irene: Ikoon en rolmodel

  • rugby

    Franse geldrugby al eeu lank turksvy

  • rugby

    Tyd vir wenrugby, Bulle

  • rugby

    Perses wil tuishalfeind bespreek

  • rugby

    Dis Heyneke se besluit - Oupa

  • rugby

    WP soek voltal

  • rugby

    Leeus trap Pumas

  • meersport

    Jordy verja spook vir titel

  • rugby

    Shakes wil hakskene wys vir Cheetahs

  • rubrieke

    Pluimpie vir Richie, geelkaart vir Kieran

  • rubrieke

    Ondersteuners het proesel gekry

  • rugby

    Bryan vertrou op Saru

  • Uitslae: 19 September

  • TV-hoogtepunte: 20 September