Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    16°C / 6°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Woensdag

    18°C / 7°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Donderdag

    19°C / 7°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Vrydag

    19°C / 7°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Saterdag

    20°C / 4°C

    Wind 30km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Sondag

    12°C / 8°C

    Wind 23km/h

    Reënval 11.8mm

    Humiditeit 62%


JP en nóg 11 klaar met GW

Stut van UJ vervang Lourens

Gerdie Karstens
Donderdag 31 Oktober 2013

BLOEMFONTEIN. – ’n Enkele kookwater-skrumvertoning in die Curriebeker-reeks teen die Blou Bulle het aan Ewald van der Westhuizen ’n Griekwas-kontrak besorg.

Griekwas se uitvoerende hoof, Arni van Rooyen, het gister bevestig dat die 23-jarige vaskopstut vir 2014 deur die Noord-Kapenaars gekontrakteer is.

“Ewald het teen die Blou Bulle in die Curriebeker-reeks gewys wat in hom steek en ons het besluit om sy dienste vas te maak,” het Van Rooyen gesê.

Al wat Poublou-ondersteuners van hul span se slagting van 10-52 destyds op GWK-park wil onthou is hoe Van der Westhuizen die Bulle-stut Marcel van der Merwe in die skrums gekarnuffel het.

Met ’n rits beserings aan stutte het die voormalige Poublou-breier, Pote Human, Van der Westhuizen se dienste by die Universiteit van Johannesburg bekom.

Hy was net vir die een wedstryd, teen die Blou Bulle, beskikbaar, maar het die wêreld aan die brand geskrum.

As vaskopstut het hy in die afwesigheid van Lourens Adriaanse (Springbokke) behoorlik sy stempel afgedruk en sal hy volgende jaar in die binnebaan wees as die einste Adriaanse, nou ’n Haai, se opvolger.

Griekwas het nie net in Adriaanse ’n staatmaker verloor nie, maar heelparty spelers het ook aan die einde van die seisoen rugby vaarwel geroep.

Die skrumskakels Jacques Coetzee en Marnus Hugo, senters JP Nel en Jean Stemmet, flank Wesley Wilkins, Aussie-slot Rory Arnold, heelagter Rudi Vogt en vleuel Dusty Noble se name verskyn nie op die lys van gekontrakteerdes nie.

Die stut Nick Schonert en Bok-agterspeler Willie le Roux word ook albei Vrystaters.

“Marnus Hugo, JP Nel en Jean Stemmet het uitgetree. Jacques Coetzee het ’n werksaanbod in Australië aanvaar, terwyl Du Randt Gerber terug is Italië toe waar hy klubrugby speel.

“Rudi en Wesley het albei groot beserings gehad wat die einde van hul loopbane beteken het.

“Rudi is beslis klaar, maar Wesley moet nog ’n finale aanduiding gee. Daar is ook onsekerheid oor Dusty Noble, wat nog beseer is,” het Van Rooyen bygevoeg.

Arnold sukkel met ’n skouerbesering, maar het glo opsies by die Australiese Super-spanne, die Brumbies en Waratahs.

Nuwe gesigte in die gekontrakteerde groep sluit in die Griekwas o.19-stut Luxolo Koza, Hoërskool Noord-Kaap en voormalige Blou Bulle-skrumskakel Zane le Roux, Pukke-losskakel Reohn O’Reilly en Northerns-vleuel Hillford Clarke.

* Griekwas se gekontrakteerde spelers vir 2014:

Voorspelers: Luxolo Koza, Steph Roberts, Janro van Niekerk, Ryno Barnes, Matt Dobson, Simon Westraadt, Stephanus Pretorius, Nico van Dyk, Ewald van der Westhuizen, Ligtoring Landman, Jaco Nepgen, Boela Serfontein, Cornell Hess, Carel Greeff, Marnus Schoeman, Jonathan Adendorf, Hilton Lobberts, Leon Karemaker, RJ Liebenberg, Burger Schoeman.

Agterspelers: Dustin Jinka, Lucky Kebe, Zane le Roux, Ruan Snyman, Francois Brummer, Reohn van Zyl, Rocco Jansen, Hillford Clarke, Howard Mnisi, PJ Vermeulen, Johnathan Francke, Wayne Stevens, Ederies Arendse, Danie Dames, Gouws Prinsloo, Nico Scheepers, Jacquin Jansen.



  • rugby

    ‘Lekker dilemma’: Wie speel nr. 10?

  • krieket

    KSA sit glo voet neer oor TV

  • rugby

    Die Bok-temmer

  • krieket

    Wink swanesang?

  • gholf

    ’n Ierse viering met Duitse byt

  • rugby

    Torsten draf voor vir VS

  • rugby

    Jackson blaas in Christchurch

  • rugby

    Richie gee dalk ’Saders hupstoot

  • ander

    VS-muurbal weer een van SA se bestes

  • rugby

    Luiperds kry ‘nóg ’n jaar van voorberei’

  • ander

    Marizen op pad na China

  • rugby

    Spele-reël laat rugby-deur oop

  • rugby

    CJ kan die Cheetahs pak

  • ander

    Chani spring ver op wêreldranglys

  • rubrieke

    Maak dié rugbysom en boer vorentoe

  • gholf

    Vierde plek laat Pace op gholfgeldlys klim

  • sokker

    Gerrard klaar met internasionale sokker

  • sokker

    Rodríguez straks Real se tweede groot kopie

  • rugby

    Twee gedenkdienste vir oud-Bul Schalk van Dyk

  • krieket

    Van trane tot triomf vir Indië

  • ander

    Wozniacki wen ook weer

  • TV-hoogtepunte: 22 Julie

  • Uitslae: 21 Julie

  • rugby

    Jake trots op sy kanniedood-Haaie

  • rugby

    Koes, Crusaders!

  • skole

    Jip kies skolespan

  • krieket

    Nr. 1 wink weer vir Proteas

  • gholf

    Rory in groot spore

  • skole

    ​Luiperds op laaste dag geklop

  • skole

    ​Noord-Gauteng bly kampioen

  • skole

    SA skolenetbal se span oorsee

  • skole

    ​Uitslae

  • krieket

    YouTube-video’s van Donald help Steyn

  • krieket

    Behardien knak Aussies met kolf én bal

  • ander

    Wittebrood-sege

  • rugby

    Net ’n Plan A genoeg vir GW

  • skole

    Kings hóórt tussen grotes, sê breier

  • krieket

    Dink weer oor my lot, vra geskorste Shakib

  • krieket

    Cook se bevoegdheid ál meer bevraagteken

  • ander

    Birkett voeg Berg by Dusi-kroon

  • ander

    Kiwi se hartseer in Tour se 15de skof

  • rugby

    JP skreeu steeds vir SA teen All Blacks

  • ander

    Scheepers val vas in Sweedse eindstryd

  • rugby

    Brumbies se beste vertoning in jare

  • rugby

    Brummer ‘wou aanhou speel’

  • skole

    ‘Jip’ kies skolespan

  • skole

    SA skolenetbal se span oorsee

  • skole

    Luiperds op laaste dag geklop

  • skole

    Noord-Gauteng bly kampioen

  • TV-hoogtepunte: 21 Julie

  • Uitslae: 20 Julie

  • krieket

    Proteas skitter met sege in Galle