Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    22°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Woensdag

    22°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Donderdag

    22°C / 9°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Vrydag

    23°C / 9°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 15%

  • Saterdag

    24°C / 12°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 15%

  • Sondag

    26°C / 12°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%


Pumas katrol twee Bulldogs in vir 2014

Donderdag 21 November 2013

JOHANNESBURG. – Terwyl Grens se rugbyamptenare onder mekaar stry en sy spelers bekommerd is of hul salarisse voortaan wel betaal sal word, het twee van dié unie beste spelers die kans aangegryp om by ’n span aan te sluit wat vorentoe mik.

Die Pumas het die dienste van die woelige flank Brian Shabangu en skrumskakel Sinovuyo “Snake” Nyoka bekom en dié tweetal sal hul loopbane in Nelspruit voortsit.

Shabangu (25) en Nyoka (23) was uitblinkers in die Grens-Bulldogs se span toe hy byna ’n opskudding vroeg in die Curriebeker-reeks se Eerste Liga gelewer het deur die Pumas in Nelspruit te klop.

Uiteindelik het die Pumas die wedstryd met ’n drie reg teen die einde beklink en met 23-16 gewen.

Albei spelers was ook lede van die Suid-Afrikaanse Presidente-span – ’n span gelaai met Pumas-spelers – wat onder die afrigting van die Puma-breier, Jimmy Stonehouse, vroeër vanjaar die Tblisibeker verower het.

’n Ander aanwins vir die Pumas is die skrumskakel Johan “Oupa” Herbst van die SWD-Arende. Hy het ook een wedstryd vir die Southern Kings in vanjaar se Super-reeks gespeel.

Ook die Kings-vleuel, Marcello Sampson, wat 13 Super-wedstryde vir die Kings in 2013 gespeel het, trek Laeveld toe, waar die Pumas volgende jaar in die Premierliga gaan meeding.

Stonehouse het voorts die Luiperds- en Puk-senter, Hennie Skorbinski, nader getrek. Die stut Sabelo Nhlapo, wat voorheen vir die Haaie en Tukkies gespeel het voordat hy Boland toe is, is ook nou deel van die Puma-familie.

Onder die verliese is die slot Boela Serfontein, broer van die Springbok-senter Jan Serfontein, wat deur Griekwas na die Diamantstad gelok is. Die skrumskakel Shaun Venter het Vrystaat toe vertrek, maar met Nyoka en Herbst nou saam met Faf de Klerk en Reynier van Rooyen in die Pumas-groep, is daar nie ’n tekort aan goeie skrumskakels vir 2014 nie.

Vier ander Pumas-spelers wat van hul kontrakte vrygestel is, is Wilhelm Loock (vleuel), Danwel Demas (vleuel), Tiaan Marx (senter) en Ivann Espag (stut).



  • Proteas buig knie teen Aussies

  • rugby

    Bokke laat skrummasjien kreun

  • gholf

    Ja vir Westwood, Poulter en Gallacher

  • rugby

    Bok-8 is nooit ’n swakplek

  • rugby

    Oz se X-faktor bied uitdaging

  • rugby

    Bulle se heelagter-spens skielik leeg

  • rugby

    Blits vir ’n Blits?

  • krieket

    Aussies loop wéér deur

  • rugby

    Bulle, nog vyf bly in top-liga

  • atletiek

    Sukses gee Cornel selfvertroue

  • rugby

    ‘Frans is goed genoeg’

  • rubrieke

    Kan Bokke Wallabies met krag troef?

  • sokker

    United leen Falcao; Hernandez speel vir Real

  • krieket

    Roy sal fiks genoeg wees om vir Engeland te speel

  • meersport

    CiCi begin junior aanslag op ’n drafstap

  • rugby

    Amerikaner staan vir Brits by Saracens in

  • sokker

    Suárez maak draai by Liverpool om te groet

  • rugby

    Uys sal VS se fisieke aanslag lei

  • rubrieke

    Franse bestuur die ryk klubspanne só

  • sokker

    Shakes werk reeds SA spelers se gal

  • meersport

    Le Clos swem wéér ’n rekord los

  • meersport

    Caroline se beurt?

  • TV-hoogtepunte: 2 September

  • Uitslae: 1 September

  • rugby

    Heyneke kan moeë Haaie laat rus

  • meersport

    Goud én wêreldrekord vir SA se 2 roeihelde

  • Chad maak wéér stem dik

  • rugby

    Ludeke: Bulle is op regte pad

  • rugby

    Sug van verligting

  • rugby

    ‘Kings ál kragtiger’

  • gholf

    Otto seëvier ná sy rugoperasie

  • krieket

    Zim gee Aussies pak slae

  • rugby

    Harold-hulle te sterk vir o.21’s

  • rugby

    Vrystaat se ingesteldheid beïndruk tevrede Duncan

  • atletiek

    Mokoena wen silwer in Berlyn

  • sokker

    Liverpool het te veel skietgoed vir Spurs

  • meersport

    ‘B-span’ bobaas!

  • meersport

    Einde van pad vir Sharapova

  • TV-hoogtepunte: 1 September 2014

  • rugby

    Nonu reg om Poemas stryd aan te sê

  • sokker

    Caf wys Rwanda seappèl van die hand

  • sokker

    SA o.20-sokkerspan haal Afrika-toernooi

  • sokker

    Europese klubs dok op vir nuwe spelers

  • rugby

    Limpopo se jonges laat Kings sweet in Baai