Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    21°C / 12°C

    Wind 12km/h

    Reënval 1.0mm

    Humiditeit 53%

  • Vrydag

    23°C / 11°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 39%

  • Saterdag

    24°C / 12°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Sondag

    24°C / 12°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Maandag

    23°C / 13°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%

  • Dinsdag

    23°C / 11°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%


Tewis tree uit oor rug en brei nou by Grey

Jóhann Thormählen
Vrydag 06 Desember 2013
Tewis de Bruyn

BLOEMFONTEIN. – Die gras sit nog aan die rugbystewels vas wat Tewis de Bruyn onlangs weens ’n rugbesering opgehang het en hy is klaar by afrigting betrokke.

Die Vrystaat-skrumskakel het reeds as agterlyn-afrigter by Grey-kollege se eerste span ingeval en hoef nie heeltemal van rugby afskeid te neem nie.

Die 31-jarige De Bruyn was op 29 Junie die laaste keer in ’n 22-tal van die Cheetahs toe hulle die Stormers in Kaapstad in ’n Super-wedstryd gepak het.

Die vorige dag het hy nog 80 minute as Vrystaat-leenspeler in die Curriebeker-reeks se Eerste Liga vir die Griffons, in Kemptonpark teen die Valke, gespeel. Hy moes inderhaas Nuweland toe nadat Sarel Pretorius beseer is.

Hoewel hy graag nog sou wou speel, het sy besering hom genoop om amptelik uit te tree.

“Ek speel al 11 jaar professionele rugby en om sommer net so weg te stap sou baie hartseer wees,” het De Bruyn gesê.

“Om by Grey betrokke te wees help ’n bietjie om daardie hartseer weg te vat.”

Hy meen dis ook lekker om aan sy alma mater terug te gee.

De Bruyn het die eerste keer pyn ervaar toe hy saam met die Cheetahs vir ’n Super-wedstryd teen die Bulle opgewarm het. Aanvanklik is gedink hy het ’n heupbesering (hip pointer), omdat hy pyn in sy heup ervaar het.

Later was sy rug seer en is hy na dr. Pierre Hugo, ’n rugspesialis, wat uitgevind het ’n kussinkie in sy rug het gedisintegreer. Hy is aangeraai om drie maande te rus.

Ná hy weer begin oefen het, het die pyn terruggekom. Daar is besluit om eerder halt te roep, aangesien dit gevaarlik kan wees as hy probeer aanhou speel.

“Ek is nou 31 en het ’n paar opsies in Frankryk gehad, aangesien ek daar by Lyon gespeel het.

“Ek sou graag vir so twee of drie seisoene daar wou speel, maar op die einde van die dag gaan jy nie ander ouens se geld mors (deur met ’n besering te speel) nie en het jy ’n lewe ná rugby.”

Hy werk reeds die laaste nege maande by Capitaux, waar hy by korttermyn- en oesversekering betrokke is.

“ ’n Hoogtepunt was beslis 2007 se Curriebeker-eindstryd toe ek die wendrie (teen die Leeus) gedruk het en Willem (de Waal) die skop oorgesit het,” het hy gesê.

Verder staan die twee Super-seges van die Cheetahs hier oor die Crusaders ook vir hom uit.

“Ek wil net graag uit my hart uit almal bedank wat insette in my rugbyloopbaan gehad het. Ek wil net baie dankie sê daarvoor.”



  • Die Bulle smag na weg-sege

  • Ramaala maak sy Twee Oseane-debuut

  • SA A saam met Proteas op toer

  • Nog ’n Haai is honger vir soesji

  • Fees van Paasrugby in vier toernooie

  • Lakwerk nie ál probleem

  • Boston-marathon se 36 000 deelnemers geloof

  • Wallabies wil in Europa slyp vir WB-toernooi

  • Man City-spelers lag al die pad bank toe

  • Akmal in sop oor hy troupartytjie regulasies oortree

  • Barcelona pak Madrid sonder talle staatmakers

  • ‘SA is sokkerbaba’

  • Blinde driekamper pak WB-byeenkoms

  • Allister rol dobbelstene

  • Myburgh wil graag in SA én IPL speel

  • Kallis moker Kolkata tot sege oor Mumbai

  • Brüssow breed in Haaie se pad

  • Agt het één doel

  • TV-hoogtepunte: 17 April

  • Uitslae: 17 April

  • Phelps net terug om 'water te toets'

  • Kaptein Jean is terug vir Stormers

  • Flip lei die Bulle teen Waratahs

  • Naas: Hól met die bôl

  • ‘Vierde losskakel ’n goeie teken’

  • Rubriek: Saru moet ook soos ARU kan ingryp

  • Leeus soek ander lêplek

  • Mehrtens bepleit reeks sonder SA

  • Waratahs straks sonder Palu teen Bulle

  • Horak: OP-breiers moet saamstaan

  • Swakste pak Saterdag beste

  • Nóg miljoene in Franse Ope op die spel

  • Shimlas se Nick op pad oorsee

  • Weepu ‘oorgehaal’ vir aksie ná beroerte

  • Igesund se lot môre bekend

  • Span eerste – Sadie

  • Steil bult voor Roses en Hamiltons

  • Frith se rekord lyk nog veilig

  • Semi-professionele liga kom vir netbal

  • SA Fedbeker-span kry gunstige loting

  • Driekamp: Henri se visier op Kaap

  • Só kan Grant beter skop

  • Wolk oor T20-skouspel

  • Vet tjek vir Proteas ná welslae

  • Appèl teen Ricciardo se diskwalifikasie misluk

  • WP ‘sal weer praat met raad oor skuif’

  • Tiener beklink titel

  • TV-hoogtepunte: 16 April

  • Uitslae: 16 April

  • Louis ontevrede met homself ná Meesterstoernooi

  • Brüssow begin vir Cheetahs

  • Jake wik en weeg oor nr. 10

  • Phelps kan Le Clos weer opdreun

  • Nuwe netballiga bekendgestel

  • Wayde wys wéér hakskene in 400 meter

  • ‘Bulle verspeel kanse’

  • Beseringspook kuier by Leeus

  • Mujati aan Kings-hoek?

  • Chani klim nege plekke op WTA-ranglys

  • Elementêr, Bubba

  • Folau hoor op TV hy is uit

  • Haaie, Sadie die week se sterre

  • Hewige stryd woed om vroue se houespel-titel

  • Dié nr. 10 tans SA se beste – Van Straaten

  • Swaargewigte makeer

  • Eddie sê nee om vir Knights te speel

  • Lappies én Goose uit Haaie-stryd

  • Ferrari-spanbaas trap rem ná swak vertoning

  • SA vroue-sewesspan weer bobaas in Afrika

  • Quinn gaande oor SA se naelloopvonds

  • Le Roux wen 10de titel uit 15 eindstryde

  • Formule 1-baas van omkopery beskuldig

  • Rooikaart vir Jordan kos Reds in pylvak

  • Viëtnam-polisie op spoor van ‘sokkerknoeiers’

  • Despatch ken resep – Oliphant

  • Vuurwerk verwag tussen JF, Sannies

  • Murray sal oog op kampioen moet hou

  • TV-hoogtepunte: 15 April

  • Uitslae: 15 April

  • Watson verower 2de Meesters-titel

  • Haaie ‘buit een fout uit’, wen só

  • Strauss praat reguit oor span

  • Chad soek nege medaljes

  • Maerder Frans kan Heyneke laat dink

  • Brons vir Minnaar

  • WP-hoop op OP

  • Zorzi nie in span na Glasgow se Spele

  • Brüssow vlymskerp vir VS – Duncan

  • ‘Lwazi was ’n sensasie’

  • Murray buig knie voor Schoeman in driekamp

  • Jacques-hulle kraai koning in Mzansi-toer

  • Tendulkar gaan nou sokkertalent ontgin

  • Kleinveldt onttrek aan span weens besering

  • SA vroue vermorsel Skotland in waterpolo

  • Wade vanaand se trekpleister

  • Nuwe aflos-woema

  • Pacman: Dié keer geen twyfel

  • Liverpool onthou

  • Naar Louis ‘het amper onttrek’

  • TV-hoogtepunte: 14 April

  • Uitslae: 14 April