Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Maandag

    19°C / 7°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Dinsdag

    20°C / 9°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Woensdag

    20°C / 8°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%


Welkom in groot rugby, Dane

Michael Green
Woensdag 29 Januarie 2014
Dane van der Westhuyzen (regs) voel nou tuis in groot rugby-geselskap ná verlede week se stryd teen die Cheetahs. Links is Albé de Swardt, nog een van die Kings se hakers. De Swardt sukkel met ’n ribbesering. Foto: DEON FERREIRA

PORT ELIZABETH. – Ná ’n rofstoei-sessie met die Springbok-haker Adriaan Strauss voel Dane van der Westhuyzen meer tuis by die Southern Kings.

Strauss het Van der Westhuyzen verlede week, toe sy Superrugby-span, die Cheetahs, hier teen die Kings gespeel het, “amptelik in groot rugby verwelkom”.

Dié voorval het vroeg in die kragmeting plaasgevind toe die Cheetahs die Kings se skrum uitmekaar laat spat het.

Strauss het Van der Westhuyzen om die nek beetgekry en het hom ’n hele rukkie lank op die gras van die Nelson Mandelabaai-stadion vasgepen.

Dit het baie toeskouers laat wonder wat die Bok-haker dan in dié intieme oomblik in sy regstreekse teenstander se oor gefluister het.

“Hy het niks gesê nie,” het Van der Westhuyzen verklap.

“Hy het my net gewurg. Ek dink dit was sy manier om my te laat verstaan dat ek nie nou met net nog ’n o.21-hakertjie te doen het nie.

“Ek dink hy wou my so ’n bietjie welkom heet in groot rugby.”

Van der Westhuyzen het verlede jaar die OP-Kings se o.21-span aangevoer en het ook ’n paar keer vir die OP-Kings se senior span uitgedraf.

Hy het ook verlede jaar in die Southern Kings se opwarmwedstryd teen die Leeus op Ellispark gespeel.

“In daardie wedstryd, asook in die meeste van die OP-Kings se wedstryde, was ek ’n plaasvervanger,” het Van der Westhuyzen vertel.

“Dis daarom dat ek so opgewonde was om verlede week teen die Cheetahs te begin.

“Ek sien ook daarna uit om Saterdag teen die Leeus te speel. ’n Ou wil jou mos maar teen die bekende spelers meet.”

’n Maand of wat gelede het die vooruitsigte vir Van der Westhuyzen maar bleek gelyk.

Hy het nie ’n kontrak gehad nie en het begin voelers uitsteek om iewers oorsee te gaan speel.

Toe die seisoen begin, het die Kings-bestuur skielik wakker geskrik en besef hy het ’n haker-tekort.

“Ek is ’n kontrak van ’n jaar aangebied en het nie gehuiwer om dit te teken nie,” het Van der Westhuyzen gesê.

“Elke afrigter dink mos maar anders oor sekere spelers,” het Rob Kempson, die Kings se waarnemende afrigter, verduidelik.

Hy het Van der Westhuyzen verlede jaar by die OP-Kings se o.21’s geslyp en toe hy die kans kry om hom te betrek, het hy dit aangryp.

* Van der Westhuyzen was in St. Andrew’s College in Grahamstad op skool.

Hy het toe vir Petone in Nieu-Seeland gaan speel en ook ses weke in die oud-All Black Murray Mexted se Rugby-akademie deurgebring.



  • rugby

    Morné, Joost en Naas nou saam met Frik

  • ander

    Dag 9: Statebondspele

  • skole

    Skolegroep spog met nege Bulle

  • krieket

    Graeme: Kallis stel Proteas wéér 1ste

  • ander

    Statebond-atleet is ebola-vry

  • ander

    Goud en brons!

  • ander

    Stoeiers oes ook

  • ander

    Gewigopteller aangehou ná ‘aanranding’

  • rugby

    Mehrtens ’n ’Tah, maar sy geld op Kiwi’s

  • rugby

    Kenia se ‘Lomu’ gou in WP-trui

  • rugby

    JP wil by Vrystaat hardloop

  • rugby

    Marais beïndruk as nr. 10

  • rugby

    Leeus staan Chrysander aan Engelse span af

  • rubrieke

    Derde keer skeepsreg vir Bra Shakes

  • sokker

    Wits en Celtic slaags in kwarteind

  • krieket

    Engeland proe weer toetssukses ná droë jaar

  • krieket

    Indië dalk sonder snelbouler Sharma in 4de toets

  • krieket

    SA naasbestes sluit sukkelreeks met sege af

  • rugby

    Kings werk aan ‘Plan B’ teen die Cheetahs

  • krieket

    Kiwi-wiele rol vir wet teen wedstrydknoeiery

  • Uitslae: 31 Julie

  • TV-hoogtepunte: 1 Augustus

  • rugby

    Crusaders-span bly onveranderd

  • Dag 8: Statebondspele in Glasgow

  • rugby

    CJ borrel oor hy weer speel

  • ander

    Li Na vir ’n ruk buite aksie

  • krieket

    NS steun swaar straf vir wedstrydknoeiery

  • rugby

    Seabelo sien uit na CB

  • krieket

    Kallis skok met besluit

  • ander

    Anderson op wenpad; Safarova verloor

  • rugby

    Haaie opgewonde oor al hul jong talent

  • ander

    SA atlete skitter met 4 medaljes

  • ander

    Proteas seëvier

  • ander

    Pôpô spat oor Bolt-berig

  • sokker

    Kies Rooney as Engelse kaptein, sê Ferdinand

  • rugby

    Speight (vir eers) uit Wallabies se groep

  • ander

    Vuiste moet Fourie op die wenpad hou

  • rugby

    Bulle wil drieë-droogte beëindig

  • rugby

    Conrad weer in aksie ná gebreekte duim

  • rubrieke

    Plattelandse skolespanne kry lae hou

  • rugby

    Alofa sien kans vir ’Saders se makro-vleuel

  • rugby

    Kloppers wil speelkans aangryp

  • rugby

    Vrystaat hét planne om te wen

  • Uitslae: 30 Julie

  • TV-hoogtepunte: 31 Julie

  • ander

    Fredericks vinnigste in uitdunne

  • ander

    Zarck-hulle spring tot in eindronde

  • ander

    Statebondspele: Dag 7

  • ander

    Chad kry sy 7 medaljes

  • rugby

    ‘Ideale span’ in wording

  • rugby

    Tera is Haaie se nuwe Curriebeker-leier

  • rugby

    Carlos sweet oor sy nr. 9’s

  • rugby

    Nell, Murray lei Bulle-sewesspan

  • rugby

    Rory weeg JP op 13

  • ander

    Suid-Afrika se trots op die Statebondspele in Glasgow

  • krieket

    Ali mag nie meer Gasa-armbandjies dra –  IKR

  • ander

    Nigeriese gewigopteller (16) op Spele geskors

  • krieket

    Hughes slag SA naasbestes met rekord 202*

  • skole

    Valke net-net te lig vir Bulle

  • Oos-Randers troef Bergrivier

  • ander

    16-jarige van Japan verras ervare Samantha

  • krieket

    Sri Lanka-groep vir Zim-toets behou

  • ander

    Drie middelafstand-atlete haal span

  • rugby

    Tietjens se lys vir Spele

  • rugby

    Voormalige afrigter van Griffons oorlede

  • rugby

    WP wil sewesheld loslaat

  • ander

    Suid-Afrikaners in aksie op die Statebondspele

  • ander

    Indië in SA se pad

  • krieket

    Morné was die held, sê Russell

  • TV-hoogtepunte: 30 Julie

  • Uitslae: 29 Julie