Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Dinsdag

    20°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Woensdag

    22°C / 8°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Donderdag

    23°C / 9°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Vrydag

    24°C / 10°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Saterdag

    26°C / 11°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%


Madibaz skok Tuks in sopnat Pretoria

Cobus Claassen
Maandag 10 Maart 2014
Waterpolo? Nee, Varsitybeker-rugby in Pretoria. Tythan Adams van die Madibaz (nie sigbaar nie) het pas sy span se eerste drie gedruk. Tukkies se Ryan Nell was te laat om hom te keer. Foto: Deaan Vivier

PRETORIA. – Die rugbyspan van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het gisteraand hier die skok van die Varsitybeker-reeks gelewer toe hy Tuks met 19-9 geklop het.

Dit is die tweede agtereenvolgende week dat Tukkies in die reën op sy tuisveld vasval.

Die verdedigende kampioen sal nou volgende Maandag die Maties in Stellenbosch moet klop as hy sy plek in die halfeindstryd wil verseker.

Swaar reënbuie het voor en gedurende die wedstryd uitgesak en die wedstrydbeamptes het dit kort voor die afskop oorweeg om die kragmeting af te stel.

Hardlooprugby was nooit op die spyskaart nie. Hangskoppe was grotendeels albei spanne se vernaamste aanvalswapen.

Tythan Adams, die Madibaz se regtervleuel, het ’n puik beweging sowat tien minute voor halftyd afgerond toe hy in die hoek oorgeduik het vir sy span se eerste drie. Die besoekers het rustyd met 9-4 voorgeloop met Tuks wat tevrede moes wees met twee strafdoele deur sy losskakel, Tian Schoeman.

Roy Godfrey, die NMMU se loskopstut en kaptein, het sy span se voorsprong gerek toe hy vroeg in die tweede helfte ná volgehoue druk onder die pale oorgeval het. Die Tukkies het teen die einde moed geskep met die flank Chris Massyn wat sy span se enigste drie gedruk het.

NMMU 19 (9). Drieë: Tythan Adams, Roy Godfrey. Doelskop: Gavin Hauptfleisch. Strafdoele: Hauptfleisch (3). Tukkies 9 (4). Drie: Chris Massyn. Strafdoele: Tian Schoeman (2)

* Wits se deelname aan die Varsitybeker-reeks is ná twee seisoene verby nadat hy gister in Potchefstroom vasgeval het – ondanks ’n dapper poging teen die reeksvoorloper, berig Pieter Jordaan.

Die Witsies het ’n paar spanne vir oulaas ’n guns bewys deur die NWU-Pukke van ’n bonuspuntsege te weerhou, maar ná dié nederlaag van 8-16, sal Wits na die Varsityskild-reeks afgeskuif word. Wits kon sedert 2013 nog nie een van sy 13 wedstryde wen nie, en word deur die wenner van die Varsityskild vervang.

Dit was ’n onaanskoulike wedstryd met hopeloos te veel foute. Maar ’n halfeind tuis wag steeds op die Pukke.

NWU-Pukke 16 (8): Drieë: Jacques Vermaak, Stompie de Wet. Doelskoppe: Adriaan Engelbrecht (2). Wits 8 (0): Drie: Ruhan Nel. Doelskop: Ashlon Davids.

* Die Maties het die seisoen stadig begin, maar ’n vinnige begin tot gisteraand se wedstryd teen die Universiteit van Johannesburg laat die Stellenbossers nou met ’n kans om steeds in die halfeindronde te speel, berig Pieter Jordaan.

Drie drieë voor rustyd het die Maties met die omkeerslag ’n voorsprong van 24-0 gegee. Hul rolmaalbewegings was doeltreffend en hul agttal het oorheers. Hulle het teleurgestel deur nie ’n vierde drie vir ’n bonuspunt te druk nie.

Maties 24 (24): Drieë: Jan de Klerk, Beyers de Villiers (2). Doelskoppe: Robert du Preez (3). UJ 8 (0): Drie: Van Zyl Botha. Doelskop: Marais Schmidt.

* Die Ikeys het in Kaapstad so te sê hul plek in die halfeindronde bespreek toe hulle die Shimlas met 25-5 geklop het. 



  • rugby

    Heyneke kan moeë Haaie laat rus

  • meersport

    Goud én wêreldrekord vir SA se 2 roeihelde

  • Chad maak wéér stem dik

  • rugby

    Ludeke: Bulle is op regte pad

  • rugby

    Sug van verligting

  • rugby

    ‘Kings ál kragtiger’

  • gholf

    Otto seëvier ná sy rugoperasie

  • krieket

    Zim gee Aussies pak slae

  • rugby

    Harold-hulle te sterk vir o.21’s

  • rugby

    Vrystaat se ingesteldheid beïndruk tevrede Duncan

  • atletiek

    Mokoena wen silwer in Berlyn

  • sokker

    Liverpool het te veel skietgoed vir Spurs

  • meersport

    ‘B-span’ bobaas!

  • meersport

    Einde van pad vir Sharapova

  • TV-hoogtepunte: 1 September 2014

  • rugby

    Nonu reg om Poemas stryd aan te sê

  • sokker

    Caf wys Rwanda seappèl van die hand

  • sokker

    SA o.20-sokkerspan haal Afrika-toernooi

  • sokker

    Europese klubs dok op vir nuwe spelers

  • rugby

    Limpopo se jonges laat Kings sweet in Baai

  • rugby

    Pumas skok Haaie

  • rugby

    Mapoe lei die Leeus in sy geboortestad

  • rugby

    Flou Bulle wag op Loftus

  • rugby

    Bokke kán skrum, sê Matfield

  • meersport

    ‘Hokkie moet hul werk word’

  • meersport

    Atlete bibber nie oor die weer

  • menings

    Streeptruie moet Heyneke vandag guns bewys

  • meersport

    Kevin blits Pool kis

  • atletiek

    Cornel haastig in Switserland

  • rugby

    Kobus gee WP woema

  • krieket

    Werner wil voor vat

  • krieket

    SA boulers keer rooi gesigte

  • skole

    Oberholster kan spel met skoen dikteer

  • rugby

    Sarel ken Kby se slagveld

  • rubrieke

    Juan se Springbok-besluit is prysenswaardig

  • skole

    Taljaard en Helm is saam ’n drieëmasjien

  • skole

    Dweba kan yslike impak maak

  • rugby

    Strydom vat Horak se pligte oor by VS

  • rugby

    Oersond vra span moet lak vir vale

  • rubrieke

    Jonges se gesukkel wek kommer

  • gholf

    Puik Otto ryg voëltjies in vir voortou in Turyn

  • TV-hoogtepunte: 30 Augustus

  • Uitslae: 29 Augustus

  • VSA Ope: Foto-hoogtepunte

  • rugby

    WP moet ligloop vir dié gekweste Bulle

  • rugby

    Mapoe lei die Leeus

  • atletiek

    Cornel weer eerste met sy beste tyd vanjaar