Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    30°C / 16°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%

  • Donderdag

    28°C / 8°C

    Wind 32km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 16%

  • Vrydag

    23°C / 9°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 10%

  • Saterdag

    23°C / 9°C

    Wind 19km/h

    Reënval 6.1mm

    Humiditeit 40%

  • Sondag

    24°C / 14°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%

  • Maandag

    27°C / 15°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%


Obi dalk eersdaags ’n Bul

Cobus Claassen
Donderdag 05 Junie 2014
Luther Obi

PRETORIA. – Een van die haastigste manne in Suid-Afrikaanse rugby kan hom later vanjaar by die Bulle aansluit.

Die Luiperds-vleuel Luther Obi is in die Bulle se visier en daar is aanvanklik by Loftus Versfeld gehoop dié 21-jarige Nigeriër kon reeds ná vanjaar se Varsitybeker-reeks in die Jakarandastad aanmeld.

Xander Janse van Rensburg, die Bulle se hoëprestasiebestuurder, het gister bevestig hulle onderhandel al ’n geruime tyd met die Luiperds-Rugbyunie oor Obi se dienste.

Obi, verlede jaar een van die nasionale o.20-span se uitblinkers, sal ’n groot aanwins vir die Bulle wees.

Die verwagting is dat die veteraan-vleuel Akona Ndungane, die Bulle aan die einde van die seisoen vaarwel sal roep wanneer sy kontrak verstryk.

Obi se koms sal ideaal wees om dié leemte te vul.

Obi, een van die voorste spelers in die Varsitybeker-reeks vir die Pukke, is in die Luiperds-groep vir die kwalifiserende Curriebeker-wedstryde ingesluit.

Sou Obi wel in die nabye toekoms by die Bulle teken, is die kans skraal dat hy al in die Curriebeker-reeks vir die Ligbloues beskikbaar sal wees.

Die Bulle het intussen bevestig die losskakel Jacques-Louis Potgieter het sy kontrak na Oktober 2016 verleng.

Potgieter, wat hom aan die begin van die seisoen uit Frankryk by die Bulle aangesluit het, het aanvanklik net ’n kontrak tot ná aanstaande jaar se Superrugby-reeks gehad.

Frans Ludeke, die Bulle se afrigter, kan met Potgieter goed op dreef dit in die Curriebeker-reeks oorweeg om die opwindende Handré Pollard op binnesenter in te span met Jan Serfontein wat by die Bokke diens doen.

’n Vraag wat binnekort beantwoord kan word, is of die Bulle in die volgende paar weke ’n nuwe baljagter na Pretoria gaan lok.

Dit is geen geheim nie dat daar na ’n adjudant vir Deon Stegmann in die nr. 6-trui gesoek word.

Stegmann, wat vroeër in die Superrugby-reeks ’n spier in sy lies geskeur het, sal oorgehaal wees wanneer die Curriebeker-reeks in Augustus begin, maar daar is by Loftus kommer oor die beserings wat hom so gereeld langs die kantlyn hou.

Die heelagter Clayton Blommetjies en die slot Schalk van Heerden, wat albei Vodacombeker-rugby vir die Bulle gespeel het, het besluit om ander weivelde te soek.

Blommetjies word op 1 Augustus ’n Cheetah. Van Heerden, die jonger broer van die Springbok Wikus, gaan sy heil op Ellispark soek.



  • rugby

    Schalk gee Bokke opsies

  • rugby

    100 nie uit nie

  • rugby

    Bok-balansstaat

  • rugby

    Witwarm katgeveg wag

  • gholf

    Rory lag breedste ná seges in VSA

  • sokker

    Gerrard wys hoe

  • rugby

    Terugslag tref GW voor stryd in Kaap

  • rubrieke

    Daar is geen middeweg met kwotas

  • rugby

    Frans se tameletjie: wie draf nou voor?

  • krieket

    Leeutemmers eerste op Cobras se pad

  • Uitslae

  • TV-hoogtepunte: 18 September

  • rugby

    Bokke roep Schalk Burger nader

  • rugby

    Groenewald op bank vir Cheetahs

  • rugby

    Bulle hou asem op oor duo

  • rugby

    Jaco: Vuurwerk was alles vir Ma

  • rugby

    Wehr glo hy kan gedy in GW-trui

  • meersport

    Skotse storm dreig

  • rugby

    Flo 8 weke uit

  • rugby

    Toulon dreig Bokke

  • rugby

    Oersond kies Franna, André

  • sokker

    Loting: Pellegrini knor

  • krieket

    Piedt kry sy groot kans met wit bal

  • rugby

    Carlos laat Bosbeer los teen Vrystaat

  • Uitslae: 16 September

  • TV-hoogtepunte: 17 September

  • rugby

    Uys-hulle troon uit bo res in CB

  • rugby

    Haaie teiken Bul-wapens

  • rugby

    WP se Scarra stel weer sy rugbyvisier in

  • meersport

    Zandberg self verbaas ná Rio-vuurwerk

  • rugby

    Leeus sit aanslag met een verandering voort

  • rubrieke

    Nederlaag allermins rede tot vreugde

  • TV-hoogtepunte: 16 September

  • gholf

    Sterne se tweede plek verseker kaart

  • Uitslae: 15 September

  • meersport

    Mayweather sê hy vermy nie ’n Pacquiao-geveg

  • sokker

    Optrede gevra ná rassisme teen Ronaldinho

  • meersport

    Wozniacki sê sy is oorgehaal om grotes te wen

  • sokker

    Omstrede Anelka sit loopbaan in Indië voort

  • sokker

    Blind se spel maak Van Gaal nóg blyer

  • rugby

    Blitse wag op drie

  • rugby

    Deon dalk drie weke geskors

  • rugby

    Rhule, Blommetjies reg

  • krieket

    Rilee kolf vir VS in oefenstryd teen GW

  • rugby

    Boela word Vrystater

  • rugby

    Jimmy kap Pumas ná nederlaag

  • rugby

    Palu uit Wallaby-toer

  • rugby

    Luke dalk res van jaar langs kantlyn

  • rugby

    Read sê Bokke vertraag die spel

  • rugby

    Notshe is nou in die Curriebeker-kollig

  • krieket

    Donald peins oor toekoms na WB