Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 6°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Dinsdag

    16°C / 6°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Woensdag

    17°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%


Cairns vertolk 3 rolle in komedie

Sondag 19 Mei 2013

Ná die sukses verlede jaar van hul solokomedie Sunday Morning span die regisseur Jenine Collocott en haar man, die skrywer Nick Warren, weer saam om die solokomedie Dirt na Johannesburgse gehore te bring.

Dirt is van 28 Mei tot 8 Junie in die Theatre on the Square in Sandton op die planke.

James Cairns vertolk die rolle van Grant, Sam en Wayne.

Dié drie boesemvriende is in ’n motor van Johannesburg na Kaapstad onderweg om hul ontslape vriend se begrafnis by te woon.

Dis die eerste keer wat die drie weer saam is, nadat elkeen byna ’n jaar lank sy eie gang gegaan het.

Tydens die reis vlieg insinuasies, beledigings en beskuldigings oor en weer soos wat die vriende probeer om die verlede op te diep en die hede te begrawe.

Grant is op sy senuwees om ’n lofrede te lewer vir ’n man wat hy bewonder het, maar vir wie hy nooit kon kers vashou nie.

Sam is steeds kwaad oor die laaste keer wat hulle mekaar gesien het en kan nie die noodsaak van mansvriende insien nie.

Wayne is hartseer dat hul vriend dood is, maar kan nie help om te dink dis nóú die kans om van die vriend se hond met sy lastige gewoonte ontslae te raak nie.

Die drie kom by die graf aan met ’n paar verrassende insigte oor die aard van vriendskap.

• Kaartjies kos R120 stuk. Bespreek by die teater by 011 883 8606, Strictly Tickets by 082 553 5901 of www.strictlytickets.com.



  • Geskiedkundige SA fliek eerste keer in 40 jaar weer vertoon

  • Sinistere ‘Elisa’ laat jou hart in jou keel klop

  • ’n Loopbaan wat hy nie onvoltooid wou laat

  • Oewerlewe lei tot fantasiereis

  • Stomende 50 Shades nou op silwerdoek

  • ‘Ware’ country herleef op kronkelpad na berge

  • Kanonskoot tref sekuur

  • Blitsgids

  • Gent vereer Breyten vir kuns, aktivisme

  • Twintig verhale in 20 jaar se demokrasie

  • Kompetisie vir geestelike radiodramas

  • Hey! Lumineers kom sing in Jozi

  • Karl Jenkins sonder die stroop

  • Nuwe direkteur vir Woordfees

  • Argentynse ritme: op die maat van Afrika