Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    25°C / 12°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Sondag

    25°C / 13°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Maandag

    25°C / 13°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%

  • Dinsdag

    23°C / 12°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%

  • Woensdag

    21°C / 11°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.3mm

    Humiditeit 50%

  • Donderdag

    21°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%


Drama gedy in vele gedaantes in Grahamstad

Maandag 20 Mei 2013

Die werk van die bekroonde dramaturg Mike van Graan is in die kollig op vanjaar se Nasionale Kunstefees wat van 27 Junie tot 7 Julie in Grahamstad plaasvind.

Van Graan is onlangs aangewys as dié fees se eerste feesdramaturg.

Met dié feesdramaturg-inisiatief sal die Nasionale Kunstefees voortaan jaarliks die kollig laat val op ’n aansienlike korpus werk deur ’n Suid-Afrikaanse dramaturg.

Vier Van Graan-stukke word in samewerking met Kunstekaap op die fees opgevoer.

Van Graan se jongste toneelstuk, Writer’s Block, sal sy première op dié fees hê.

Daarbenewens sal sy toneelstukke Brothers in Blood (2009), Panic (2013) en Rainbow Scars (2013) ook te sien wees.

Writer’s Block gaan oor ’n skrywer wat Suid-Afrika in die laat 1990’s verlaat het en sedertdien met die konsepte van waarheid en vergifnis worstel.

Brothers in Blood ondersoek verhoudinge tussen Jode, Moslems en Christene teen die agtergrond van Pagad se optrede teen misdaad en die dwelmhandel in die 1990’s.

Panic is ’n solokomedie met die skerpskertser Siv Ngesi waarin oor klimaatsverandering besin word.

Rainbow Scars konfronteer die hedendaagse spanning tussen ryk en arm, tussen “vrygeborenes” en diegene wat die las van die verlede met hulle saamdra, en tussen ’n nie-rassige elite en ’n oorwegend swart onderklas.

Johannesburg se Markteater neem die toneelstukke Woza Albert! (geregisseer deur vanjaar se Standard Bank Jong Kunstenaar vir teater, Prince Lamla), The Line (Gina Shmukler), Cadre (Omphile Molusi) en The Island (John Kani) na Grahamstad.

Lamla regisseer ook Mbongeni Ngema se Asinamali (1985), ’n gesamentlike produksie van die Soweto-teater, die Markteater en die Nasionale Kunstefees.

Ngema se nuutste toneelstuk, The Zulu, ’n gedramatiseerde weergawe van die gebeure wat tot die Anglo-Zoeloe-oorlog van 1879 aanleiding gegee het, sal ook sy première op die fees beleef.

Kobus Moolman se toneelverwerking van Zakes Mda se roman Madonna of Excelsior – oor 19 swart inwoners van dié township wat aangekla word van die oortreding van die Ontugwet wat seks tussen swart en wit mense verbied – is ook op die fees te sien.

Die drama fokus op een van die wit meisies en haar gesin wat in die middelpunt van die skandaal is.

Tim Plewman van Defending the Caveman-faam is ook terug op die verhoog in The Last Moustache, ’n solosatire wat ’n mens herinner dat wat as die waarheid voorgehou word, dikwels ver daarvan verwyderd is.

Die satirikus Pieter-Dirk Uys bied die gehoor ’n terugblik op sy loopbaan van 38 jaar in An Audience with Pieter-Dirk Eish!.

Daar is ook ’n stewige aanbod toneelstukke van oorsee op die fees te sien.

Kate Liquorish is op die verhoog in die Britse akteur Alan Rickman se My Name is Rachel Corrie, ’n toneelstuk gegrond op die dagboeke en epos van dié Amerikaanse menseregte-aktivis, wat in 2003 in die Gasa-strook deur ’n stootskraper van die Israelse weermag doodgery is.

Die regisseur is Jaqueline Dommisse.

Die Amerikaanse dramaturg Tom Coash se Cry Havoc, ’n liefdesverhaal wat ook in die konflikgeteisterde MiddeOoste afspeel, word deur die UJ-teater van die Universiteit van Johannesburg fees toe geneem.

David Dennis en Brenda Radloff vertolk die hoofrolle.

Die Kanadees Morris Panych se veelbekroonde swart komedie Vigil – oor ’n man se gesprekke met sy sterwende tante – beleef ook sy Suid-Afrikaanse première op die Grahamstad-fees.



  • Vertaler van die verbeelding

  • SA maak onverwagse draai in benoemde boeke vir wêreld se rykste prys

  • Albert Hammond kom hier optree

  • Suid-Afrikaanse fliek na Seattle

  • Prentjiemooi Jesus

  • Puik opname van ‘Messiah’ vir Paasfees

  • Sax-viertal vind juwele in musiek

  • Nuwe boekpryse wyd verwelkom

  • War Horse in Johannesburg op die verhoog

  • Is dit die einde van AC/DC?

  • Jeugsentrum samel geld in met Banksy-werk

  • Tom of Finland vir posseëls

  • Clarke was ’n ware rolmodel

  • War Horse-musikante verloor regstryd

  • Nuwe deurbraak vir Venter

  • Wenners van 2014 Brett Goldin-prys aangekondig

  • Uitvoering laat reg geskied aan 17de-eeuse Passie-musiek

  • Dowwe Dolla in Atterbury vandag

  • Slyp skryfvernuf by UP-winterskool

  • ​Tartt wen Pulitzer vir fiksie

  • US Woordfees oorhandig trofeë

  • Amambazo in die Staatsteater

  • Christelike Tree63 byeen vir reünie-konserte

  • ‘Natives’ terug op planke ná 20 jaar

  • Drama oor drink en bestuur vir skoliere

  • Kunstenaar Peter Clarke sterf op 84

  • 'War Horse' op West End steek orkes in pad

  • 13de Tribeca-fliekfees in Manhattan

  • Viering van die kreatiewe oomblik

  • Perde van hout, leer en gaas léwe in ‘War Horse’

  • Mark in Jhb brei uit in 2014