Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    23°C / 9°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%

  • Saterdag

    22°C / 9°C

    Wind 21km/h

    Reënval 6.1mm

    Humiditeit 40%

  • Sondag

    23°C / 14°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%

  • Maandag

    25°C / 14°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Dinsdag

    27°C / 15°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Woensdag

    27°C / 14°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%


Nuwe baas vir Jhb-teaters

Nduneni-Ngema sê soveel verhoë sal haar uitdaag

Rudolf Stehle
Maandag 20 Mei 2013

Xoliswa Nduneni-Ngema, voormalige uitvoerende hoof van die Staatsteater in Pretoria, is as die nuwe uitvoerende hoof van Joburg City Theatres aangestel.

Sy sal dié pos van 1 Julie beklee.

Nduneni-Ngema se aanstelling is deel van ’n herstrukturering van die uitvoerende bestuur van Joburg City Theatres, die munisipale entiteit wat die Joburg-, Soweto- en Roodepoort-teater sedert 1 Januarie vanjaar bedryf.

Bernard Jay, die afgelope 13 jaar die uitvoerende hoof van die Joburg-teater en sedert Januarie die uitvoerende hoof van Joburg City Theatres, sal terselfdertyd uit dié pos tree en van 1 Julie die nuutgeskepte pos van uitvoerende vervaardiger van die Joburg-teater beklee.

Volgens Mongane Wally Serote, die raadsvoorsitter, het die raad met die samesmelting van die Johannesburgse teaters besef die pligte van die uitvoerende hoof moet tussen twee uitvoerende beamptes verdeel word.

Jay sê hy is in sy skik met sy skuif van uitvoerende hoof van Joburg City Theatres na uitvoerende vervaardiger van die Joburg-teater.

“Dit is wat ek wou gehad het,” het hy aan Beeld gesê.

Jay het bygevoeg dat hy sedert sy aanstelling as uitvoerende hoof van die Joburg-teater sowel die werk van ’n rekenpligtige amptenaar as dié van ’n uitvoerende vervaardiger gedoen het, ofskoon dit “baie moeilik en lang ure” was.

Met die samesmelting van die bestuur van die drie Johannesburgse munisipale teaters in Januarie het dit egter vir hom “onmoontlik” geword om só voort te gaan en hy het die raad genader met die voorstel om die werk tussen twee poste te verdeel, het Jay gesê.

Nduneni-Ngema, wal al meer as 20 jaar in die kunstebedryf betrokke is, het gesê sy is “opgewonde” oor haar aanstelling, maar “bewus daarvan dat dit ’n groot uitdaging is om drie teaters te bestuur”.

Sy het gesê sy gaan as uitvoerende hoof van Bassline in Newtown en besturende direkteur van die produksiemaatskappy Sibojama Theatre bedank om ’n botsing van belange te voorkom.

Sy het ook laat blyk dat sy waarskynlik uit Dance Forum se raad sal bedank omdat sy nie tyd sal hê om dié se vergaderings by te woon nie.

Sy wil egter met die raad van Joburg City Theatres onderhandel om op die raad van die Windybrow-teater aan te bly omdat sy uit die aard van haar werk vennootskappe met ander teaters moet sluit.

Sy beplan ook om aan te bly as raadslid van die Johannesburg Fashion District omdat dit ook ’n munisipale entiteit is.



  • flieks

    O nee – skielik is hulle arm!

  • tv

    ‘Blood diamond’ ’n fliek om weer en weer te sien

  • musiek

    Spits jou ore

  • musiek

    Elke optrede besonders vir hulle

  • musiek

    Jeugdige pianis Temmingh tree by Aardklop op

  • boeke

    Bekroonde Sefi praat by Open Book oor haar werk

  • boeke

    Open Book ‘belangrik om SA te ontdek’

  • musiek

    Marathon-klavierkonsert by Brooklyn

  • teater

    Stuk oor hartchirurg in Pierneef

  • musiek

    Pappano puik met Rossini

  • boeke

    Vind lafenis in Boeke-oase

  • flieks

    12 gedigte in animasie op Aardklop

  • musiek

    Kamerkoor sing in Pretoria ná besoek aan Kaap

  • musiek

    Musiek groet 'n groot gees

  • musiek

    Petty sing met beleë gesag

  • teater

    ‘Kenners’ soos Kunene help Dowwe Dolla in belastingtyd

  • Betowerend . . .

  • kuns

    Kyk hoe beelde gegiet word

  • musiek

    Cat Stevens gaan weer toer

  • flieks

    SA prent wen in LA