Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    21°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Woensdag

    22°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Donderdag

    22°C / 9°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Vrydag

    23°C / 9°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Saterdag

    24°C / 12°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Sondag

    27°C / 12°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 11%


Afrikaanse flieks ook op feesprogram in Den Haag

Rudolf Stehle
Donderdag 30 Mei 2013

Die finale program vir die tweede “Festival voor het Afrikaans” wat van 13 tot 16 Junie in Nederland plaasvind, is pas bekend gemaak.

Luna Paige sluit haar as genooide kunstenaar aan by Bittereinder, Van Coke Kartel, Jack Parow en die Namibiese rapper Wambuseun vir die Boodskappers-musiekkonsert wat op 13 Junie in De Melkweg in Amsterdam plaasvind.

Paige se mede- genooide kunstenaars is Kern Revolutionaire Zaken (Nederland), Tim Beukers (Nederland) en Nuff2Gain van die eiland Aruba in die Nederlandse Antille.

Die konsert word in samewerking met die musiekkanaal MK aangebied.

Van 14 tot 16 Junie word die fees in die Theater aan het Spui in Den Haag voortgesit.

Hier tree ’n rits voorste Afrikaanse musikante, digters, skrywers en akteurs op.

Volgens Joris Cornelissen, feesdirekteur, is sowat 700 van die 2 500 kaartjies wat vir die twee venues beskikbaar is, reeds verkoop.

“Dit lyk asof die mense as gevolg van die ekonomiese krisis langer wag met die bespreking van kaartjies, maar ons dink die komende mediadekking sal ’n goeie uitwerking op die verkope hê.”

Dié mediadekking sluit in artikels in dagblaaie soos NRC-NEXT en Algemeen Dagblad en ’n bydrae wat op die Nederlandse Radio 5 uitgesaai word.

“Ons plakkaat verskyn van volgende week af in die strate van Amsterdam, Den Haag en Leiden,” sê Cornelissen.

’n Volgepakte program wag die naweek van 14 tot 16 Junie op feesgangers.

Die Vrydagaand tree Karin Hougaard, Etienne van Heerden, David Kramer, Emo Adams, Gert Vlok Nel en die Radio Kalahari Orkes op. Anne van Veen, dogter van Herman van Veen, tree saam met Hougaard op.

Saterdag lees Antjie Krog, Marita van der Vyver en Louis Jansen van Vuuren uit hul werk voor, terwyl Helena Hettema en Niël Rademan saamspan in ’n kabaret-vertoning.

Gert Vlok Nel en Schalk Joubert tree saam met die Nederlandse musikant Gerard van Maasakkers op.

’n Dokumentêre prent oor die lewe van Adam Small word vertoon, asook die Afrikaanse rolprent Die wonderwerker oor Eugène Marais, en ’n rolprentweergawe van Tertius Kapp se bekroonde toneelstuk Rooiland.

Aan de Braak Teater se kabaret Girl van die suburbs met Marlie Kock en Lucas Heinen en die gewilde toneelstuk My naam/My Name is Ellen Pakkies word Saterdag en Sondag opgevoer.

Sondag lees Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal uit hul werk voor; so ook Van Heerden.

Adams, Rademan en Kramer tree weer op, en die aand is Stef Bos op die verhoog.

Benewens lesings oor Afrikaans in Namibië en Afrikaans in die bruin gemeenskap van Suid-Afrika word die dokumentêre prent Scorched Earth vertoon, asook die rolprent Verraaiers en Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom.

Die volledige program is beskikbaar by www.festivalvoorhetafrikaans.nl. Vir navrae stuur epos na info@festivalvoorhetafrikaans.nl.

...

Eerste fees was ’n groot treffer

Die eerste “Festival voor het Afrikaans” is van 17 tot 19 Junie 2011 in die Tropen-teater in Amsterdam aangebied.

Al 2 000 kaartjies vir dié fees is destyds uitverkoop.

Daar was onder meer optredes deur Breyten Breytenbach, Ronelda Kamfer, Etienne van Heerden, EKM Dido, Marita van de Vyver, Gert Vlok Nel, David Kramer, Amanda Strydom, Niël Rademan en Chris Chameleon.



  • musiek

    Towerwerk

  • musiek

    Duo huldig kleinkunstenaar De Corte

  • kuns

    Johannesburg en Brighton hou saam ’n fees van foto’s

  • musiek

    ‘Carmina’ wat kan praat met studente

  • flieks

    ‘Windpomp’ oorrompel op Silwerskerm

  • musiek

    Legendariese Shifty gevier

  • flieks

    Jans sê ‘jammer’

  • boeke

    Kotze vertel van Weskusverhale

  • musiek

    Van vergeetbaar tot inspirerend

  • kuns

    Nuwe kuns maak merk

  • boeke

    Na aan die finale woord

  • boeke

    Eenvoud in besinning oor God

  • boeke

    Huldebundel vir Kotze slaag pragtig

  • boeke

    ‘Western’ waarin een woord wen

  • boeke

    ‘Seksplorasie’ gee wêreldblik

  • kuns

    Waar Monet se skilderye léwe

  • The Boss en Stones se Keith reik prenteboeke uit

  • flieks

    Dankie tog vir skone Scarlett

  • flieks

    Min vlees aan storie van porno-ikoon