Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    16°C / 7°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Donderdag

    18°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Maandag

    20°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%


Bushfire-fees se vlamme ál hoër

Anna-Retha Bouwer
Vrydag 31 Mei 2013

Die Bushfire-kunstefees, wat tot môre in Swaziland aangebied word, groei alte fluks.

Dié fees word vanjaar die sewende keer aangebied en volgens Jiggs Thorne, feesorganiseerder, word daar die naweek sowat 20 000 mense verwag.

“Ons het begin met 4 000 mense en nou is ons al baie naby aan ons volle vermoë,” sê Thorne.

“Ons neem basies die hele Swaziland oor.”

Volgens hom het die fees ’n baie unieke karakter.

“Daar is iets spiritueel daaromtrent. Ons trek ’n baie eklektiese gehoor en dit is ’n ware ontmoetingspunt vir al die verskeie kulturele groepe in die omgewing. Ek glo daar is nie nog feeste wat so ’n unieke groep mense trek soos Bushfire nie.”

Wat nuut op vanjaar se program is, is die Firefest Route, ’n feeskringloop in Afrika waarmee die uitruil van kulturele goed bevorder word. ’n Groep internasionale kunstenaars neem daaraan deel.

Die Colombiaanse groep Bomba Estéreo is deel van dié kringloop en hy word vergesel deur The Brother Moves On van Suid-Afrika, Hope Masike van Zimbabwe, Masikane van Swaziland en Muzilation van Mosambiek.

Die kunstenaars op die Firefest Route sal ook kunstefeeste in Zimbabwe, Mosambiek en Réunion aandoen.

Die Bushfire-fees word in die Malkerns-vallei aangebied en benewens musiek is daar vir die feesganger teater, digkuns, flieks, dans, visuele kuns en selfs sirkustonele.

Thorne beklemtoon dit is ’n gesinsvriendelike geleentheid wat ook sterk klem op sosiale verantwoordelikheid plaas.

Verlede jaar is ’n borgskapprogram vir weeskinders en ’n organisasie vir plattelandse vroue in Swaziland met opbrengs uit die fees gehelp.

Nog kunstenaars wat oor die naweek te sien is, is die Suid-Afrikaanse kunstenaars Guy Buttery, Jeremy Loops en The Soil, asook Nathalie Natiembé van Réunion, Erik Aliana & Koronga Jam van Kameroen, Oy van Switserland en Alhousseini Mohamed Anivolla van Nigerië.

• Vir nog inligting besoek www.bushfire.co.sz  of die fees se profiel op Facebook.



  • Fugard kry hoogste kunste-eer in Japan

  • Valiant het die laaste sê

  • Rauch lewer CD vol wysheid

  • Sangers wys potensiaal in salon-'Lucia'

  • Katryn se waarheid op RSG

  • Strepe laat Liberty wen

  • Musiekmeesters deel hul kennis

  • Swart rolprentmakers kry geldhulp

  • Sinistere ‘Elisa’ laat jou hart in jou keel klop

  • Oewerlewe lei tot fantasiereis

  • ’n Loopbaan wat hy nie onvoltooid wou laat

  • Geskiedkundige SA fliek eerste keer in 40 jaar weer vertoon

  • Stomende 50 Shades nou op silwerdoek

  • ‘Ware’ country herleef op kronkelpad na berge

  • Kanonskoot tref sekuur