Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    21°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Woensdag

    22°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Donderdag

    22°C / 9°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Vrydag

    23°C / 9°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Saterdag

    24°C / 12°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Sondag

    27°C / 12°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 11%


‘Karnaval van diere’ in ander gedaante

Kuns, klank kom van Keiskamma-projek

Johan Myburg
Vrydag 28 Junie 2013

Keiskamma Carnival is een van die produksies op vanjaar se Nasionale Kunstefees-program wat bemark word as openbare kuns.

Dié produksie is te sien op 5 en 6 Julie (anders as aangedui op die feesprogram) in Grahamstad en ’n meegaande uitstalling word vir die duur van die fees, tot volgende naweek, vertoon in die Monument.

Die Keiskamma-karnaval word aangebied deur die Keiskamma-trust, ’n gemeenskapsorganisasie in Hamburg in die landelike Oos-Kaap, wat deur verskeie holistiese en kreatiewe programme die gevolge van armoede beveg.

Business Arts South Africa (Basa) het in 2011 sy voorsittersprys aan die Keiskamma-trust toegeken juis vir die werk wat die trust doen. Die bekendste projek van die trust is die Keis­kamma-altaarstuk, ’n tapisserie waarin hoop in die stryd teen MIV/vigs verbeeld word. Dié werk is al oor die wêreld heen uitgestal.

Vanjaar se projek vir die Grahamstad-fees is ’n guitige verwerking van Camille Saint-Saëns se Karnaval van die diere. In ’n nuwe verwerking, in opdrag van die Samro-stigting, gebruik die komponis Allan Stephenson die Keiskamma-musiekakademie se eiesoortige klank. Dié akademie gebruik sowel Westerse as Afrika-instrumente.

Die Keiskamma-kunsprojek het die rekwisiete gemaak en marionette word deur ’n groep jong akteurs hanteer. Die soliste in die produksie is Frank Mallows en Bronwyn Clacherty (marimba). Die dirigent is Anthony Drake en die musiekregisseur is Kyla Davis.

’n Boek, A Carnavalesque Collection, word ook op die fees bekend gestel.

Keiskamma Carnival is te sien op 5 Julie om 14:00 in Fingo, Jacob Zumarylaan. Toegang is gratis. Op 6 Julie om 15:00 is die produksie in die Rhodes-kapel. Kaartjies kos R30. Besoek die webwerf www.keiskamma.org .



  • musiek

    Towerwerk

  • musiek

    Duo huldig kleinkunstenaar De Corte

  • kuns

    Johannesburg en Brighton hou saam ’n fees van foto’s

  • musiek

    ‘Carmina’ wat kan praat met studente

  • flieks

    ‘Windpomp’ oorrompel op Silwerskerm

  • musiek

    Legendariese Shifty gevier

  • flieks

    Jans sê ‘jammer’

  • boeke

    Kotze vertel van Weskusverhale

  • musiek

    Van vergeetbaar tot inspirerend

  • kuns

    Nuwe kuns maak merk

  • boeke

    Na aan die finale woord

  • boeke

    Eenvoud in besinning oor God

  • boeke

    Huldebundel vir Kotze slaag pragtig

  • boeke

    ‘Western’ waarin een woord wen

  • boeke

    ‘Seksplorasie’ gee wêreldblik

  • kuns

    Waar Monet se skilderye léwe

  • The Boss en Stones se Keith reik prenteboeke uit

  • flieks

    Dankie tog vir skone Scarlett

  • flieks

    Min vlees aan storie van porno-ikoon