Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    29°C / 14°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Dinsdag

    29°C / 14°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Woensdag

    29°C / 15°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Donderdag

    29°C / 13°C

    Wind 29km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Vrydag

    23°C / 5°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 13%

  • Saterdag

    23°C / 7°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 11%


SA fliekbedryf se hoës pak mekaar

Laetitia Pople
Vrydag 28 Junie 2013

“Dit is jammer dat die Kaapse Rolprentkommissie en Denis ­Lillie die bedryf mislei en die proses om ’n Suid-Afrikaanse Rolprentkommissie te stig gekaap het.”

So het Zama Mkosi, hoof van die Nasionale Rolprent- en ­Videostigting (NFVF), in ’n verklaring gesê.

Dit kom nadat Lillie, hoof van die Kaapse Rolprentkommissie (CFC), vroeër die week in ’n verklaring die registrasie en stigting van ’n Suid-Afrikaanse rolprentkommissie bekend gemaak het.

“Ons is net so geskok dat die NFVF só ’n onakkurate verklaring kon uitreik. Dit is dus moeilik om hul bewerings ernstig op te neem,” het Lillie gister in Los Angeles, waar hy en die NFVF Suid-Afrika op die jaarlikse AFCI Filmlocations-ekspo verteenwoordig, gesê.

“Ek het dokumentasie sedert April 2011 wat die voorstel aan die departement van kuns en kultuur, asook die proses noteer. Ons voorstel sal ’n toevoeging wees tot die NFVF se bedrywighede; dit moenie deur die NFVF vervang word nie.”

Hy het ook gesê daar is ruimte vir meer as een liggaam in die bedryf.

Mkosi het vervolg: “Die stigting van ’n Suid-Afrikaanse rolprentkommissie sal deur die parlement en die departement van kuns en kultuur bestuur word, nie deur ’n nieregeringsorganisasie of ’n private instansie nie.”

Sy het benadruk die NFVF het nie toestemming gegee vir die stigting van ’n Suid-Afrikaanse rolprentkommissie nie.

Lillie meen hy hoef nie toestemming van die NFVF te vra nie. Volgens die NFVF het Lillie egter te kenne gegee hy het toestemming van die NFVF, die departement van handel en nywerheid en die departement van kuns en kultuur ontvang om so ’n kommissie te begin.

Luidens Lillie se vroeëre verklaring het hy die afgelope 12 tot 18 maande met verskeie rolspelers in Suid-Afrika geskakel.

Lillie het gister egter benadruk die NFVF het nie vergaderings met die CFC bygewoon nie en dat die CFC uitgesluit word uit forums oor die ontwikkeling van ’n nasionale strategie vir rolprente. Die NFVF het verwys na ’n toespraak deur Paul Ma­shatile, minister van kuns en kultuur, vroeër vanjaar dat sy departement in die proses is om die NFVF in ’n nasionale rolprentkommissie te omskep.

Luidens die NFVF het hy reeds suksesvol aansoek gedoen om die handelsnaam Suid-Afrikaanse Rolprentkommissie te gebruik.



  • musiek

    Folk-rock ‘nie van hier’

  • Bram Fischer heel nuut ontgin

  • boeke

    Dalk effens vaal en langdradig, maar ’n broodnodige gids

  • boeke

    ‘Draalnoot’ tref met resonansie

  • boeke

    Praat met die verhemelte

  • tv

    Mens t. zombies: Wie is wie?

  • boeke

    Draakstekery met hope kleur en geur

  • boeke

    Hierdie ponie galop ...

  • boeke

    Grensboek vir af en toe lees

  • musiek

    Gabriel as 'prog god' aangewys vir sy lewenswerk

  • flieks

    Sterk vertolkings ligpunt in vrou se stryd om oorlewing

  • flieks

    Dié een sal gewis jou hare laat rys

  • dagboek

    Blitsgids

  • boeke

    Verhale oor 21 SA ikone

  • kuns

    Liefde vir natuur haar inspirasie

  • flieks

    Trefseker, maar kon méér wees

  • musiek

    Spits jou ore