Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    21°C / 8°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Dinsdag

    21°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Woensdag

    22°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Donderdag

    23°C / 9°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Vrydag

    24°C / 10°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Saterdag

    24°C / 11°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%


Voëlkykers bied lekker ligte vermaak

Vrydag 28 Junie 2013
Bronwyn Gottwald as Venice, Russel Savadier as Harper, Michael Richard as Finlay en Louise Saint-Claire as Maddie in Twitch, wat tans in die Pieter Toerien-teater by Montecasino op die planke is.

Rudolf Stehle

Twitch

Pieter Toerien-teater, Montecasino, Fourways

Soos enigeen wat ’n stokperdjie met oorgawe beoefen, kan voëlkykers gedrag toon wat vir hulle dalk doodnormaal is, maar vir buitestanders obsessief-kompulsief kan voorkom.

Dit is dié lagwekkende gedrag wat Robert Fridjhon in die oortreffende trap in sy komedie vasvang.

Die stuk speel af in ’n houtskuiling langs ’n rivier in die Krugerwildtuin waar twee pare die omgewing se geveerdes in hul natuurlike habitat dophou vir ’n voëlkykkompetisie.

Die viertal bestaan uit die paleoantropoloog Harper ­(Russel Savadier) en sy bemarker-vrou, Venice (Bronwyn Gottwald), en die myningenieur Finlay (Michael Richard) en sy vrou, Maddie (Louise Saint-Claire), ’n huisvrou.

Harper en Finlay is lede van ’n voëlkykklub.

Dié twee gesoute voëlkykers is heeltemal in vervoering met die taak op hande: om verkyker-in-die-hand die eerste prys – ’n besoek aan die Mala Mala-reservaat – in te palm.

Finlay samel terselfdertyd data in vir ’n nuwe voëlboek wat hy onder die klub se vaandel wil uitgee.

Venice en Maddie is allermins voëls van eenderse vere.

Maddie kan skaars voorbly met die opteken van die voëls wat bespeur word, terwyl Venice haar op ’n afstand bemoei met haar selfoon en insekbyte.

Eienaardige voëlkyk-maniërismes en mededingende gedrag word deur die twee mans tot die uiterste gevoer.

In Twitch is voëlkyk egter ’n bysaak.

Dit is in die interaksie en gesprekke tussendeur die voëlkyk deur wat die ware drama tussen die uiteenlopende karakters afspeel.

Kort voor lank skilfer die dun lagie beskawing af wanneer die paartjies aan mekaar begin skaaf. Die warm gesprekke gaan draai selfs by godsdiens, evolusie, die skepping en natuurbewaring.

Die kwinkslae kwetter behóórlik en beledigings word soos modder gegooi.

Finlay se onophoudelike godslastering in die teenwoordigheid van die godsdienstige Venice, asook Harper se onthulling dat Finlay uit die klubbestuur geskop gaan word, laat alle hel teen die einde van die eerste bedryf losbars.

Die tweede bedryf is egter oorwegend futloos wanneer die konflik opgelos word. Daar is geen kinkel aan die einde nie.

Die akteurs kruip nietemin behoorlik onder die velle van hul karakters in en Steven Stead se kostuums is nommerpas.

Twitch bied lekker lawwe vermaak, sonder om die brein moeg te maak.

  • Tot 14 Julie



  • flieks

    ‘Windpomp’ oorrompel op Silwerskerm

  • musiek

    Legendariese Shifty gevier

  • flieks

    Jans sê ‘jammer’

  • boeke

    Kotze vertel van Weskusverhale

  • musiek

    Van vergeetbaar tot inspirerend

  • kuns

    Nuwe kuns maak merk

  • boeke

    Na aan die finale woord

  • boeke

    Eenvoud in besinning oor God

  • boeke

    Huldebundel vir Kotze slaag pragtig

  • boeke

    ‘Western’ waarin een woord wen

  • boeke

    ‘Seksplorasie’ gee wêreldblik

  • kuns

    Waar Monet se skilderye léwe

  • The Boss en Stones se Keith reik prenteboeke uit

  • flieks

    Dankie tog vir skone Scarlett

  • flieks

    Min vlees aan storie van porno-ikoon

  • kuns

    Carla sit krag in Pretoria

  • tv

    Monsterprent vra gróót skerm, klank

  • Dans onder Joburg-danssambreel

  • flieks

    Uniondale-romanse flou gespook