Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    23°C / 10°C

    Wind 23km/h

    Reënval 1.6mm

    Humiditeit 24%

  • Vrydag

    17°C / 5°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 13%

  • Saterdag

    17°C / 6°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Sondag

    18°C / 6°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%

  • Maandag

    22°C / 10°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 10%

  • Dinsdag

    22°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 10%


Kortkuns

‘Voor ek vergeet’ haal hoofprogram

Vrydag 28 Junie 2013

Voor ek vergeet, met Amanda Strydom en Hannes van Wyk in die rolverdeling, is vanjaar die enigste Afrikaanse produksie op die hoofprogram van die Nasionale Kunstefees in Grahamstad.

Die fees het Donderdag begin en duur nog tot 7 Julie.

Voor ek vergeet, geskryf deur Karen Marx en met regie deur Gert van Niekerk, het verlede jaar op die Woordfees in Stellenbosch gedebuteer en daarna vol sale gelok op die KKNK in Oudtshoorn, die Cederbergfees op Clanwilliam, die Vryfees in Bloemfontein, die Innibos-kuns-tefees in Nelspruit en die Aardklop-kunstefees in Potchefstroom.

Dié stuk handel oor die aangrypende verhouding tussen ’n ma en haar seun.

Hendrien Botha (Strydom) is ’n afgetrede musiekonderwyseres wat aan demensie begin ly. Haar seun, Johan (Van Wyk), probeer met moeite om sy ma te help verhuis van haar woonstel in ’n aftreeoord na ’n enkelkamer, terwyl hy met sy eie donker geheime worstel.

Voor ek vergeet is Maandag om 12:00 en 20:00, Dinsdag om 19:00 en Woensdag om 12:00 in die Victoria-teater in Grahamstad te sien. Let op die ouderdomsbeperking van 12.

. Kaartjies kos R60 (R50 vir studente) by Computicket.



  • musiek

    Van Coke Sweef

  • kuns

    Kolossale beeldhouwerk onthul

  • musiek

    ‘Lennon’ van die fluit sterf

  • musiek

    Folk-rock wat jou hoendervel gee

  • kuns

    Joburg Art Fair

  • musiek

    Konsert ten bate van gidshonde

  • teater

    Seksfees terug om te vermaak en leer

  • Nuwe Cohen-album eersdaags uitgereik

  • teater

    Zoeloe-ballet in Edinburg ’n wêreldeerste

  • Kortkuns

  • musiek

    Min vals note wanneer talentvolle Potts en Kie. sterre laat verskiet

  • boeke

    Nuut van Anker, Krog

  • Stom sonder sy kamera

  • boeke

    Kopskote: Martin Steyn

  • boeke

    Lizzie is 16 - Danie Marais

  • boeke

    Hul stories mag nie vergeet word nie