Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Maandag

    18°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Dinsdag

    21°C / 9°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%


Gawe fliekblik op onderskatte Manet

Donderdag 18 Julie 2013
Édouard Manet se Le chemin de fer (Die spoorweg) 1872-’73.

Johan Myburg

Manet: Portraying Life

Cinema Nouveau-teaters

Manet: Portraying Life is die eerste fliek in die Exhibition-reeks waarin kykers toegang verkry tot verskeie groot internasionale kunsuitstallings én ’n kykie agter die skerms gebied word.

Manet: Portraying Life was ook die titel van die uitstalling, gewy aan Édouard Manet (1832-1883) se portretkuns, vroeër vanjaar in die Royal Academy of Arts in Londen.

Hoewel Manet dikwels die vader van modernisme genoem word, is dié enigmatiese kunstenaar, wat, terloops, nooit ’n Impressionis was of saam met dié groep uitgestal het nie, bra onderskat.

Dié uitstalling is byvoorbeeld die eerste poging om Manet se portretkuns indringend te beskou.

’n Oogmerk met die uitstalling, byeengebring deur Mary Anne Stevens van die Royal Academy en die Amerikaner Larry Nichols van die Toledo-kunsmuseum in Ohio, is om die fasette van Manet as moderne skilder te verken ten opsigte van die rol van die kunstenaar, die onderwerp, sy tegniek en sy verfaanwending.

Boonop het Manet geskilder in die tyd van die Nywerheidsrevolusie, die groeiende prominensie van fotografie en die modernisering van Parys onder aanvoering van baron Hausmann.

In dié rolprentaanbieding is dit die Britse televisieaanbieder Tim Marlow wat die woord voer. Hy is nie die gerusstellende en gesaghebbende aanbieder wat iemand soos Robert Hughes byvoorbeeld was nie en en hy kom ietwat onbeholpe voor.

Nietemin het die regisseurs, Phil Grabsky en Ben Harding, benewens die twee kurators ’n rits mense byeengebring met wie Marlow voor van die kunswerke gesprek voer. Nie kunskenners nie, maar skilders, skrywers en uitvoerende kunstenaars.

Op dié manier leer die kyker iets oor die werke, die omstandighede waarin dit geskilder is en les bes ’n bietjie biografiese detail.

Hoewel die konneksie tussen La musique aux Tuileries (1862) en die Hugh Lane-galery in Ierland dalk ’n raps buite die tema van Manet se portretkuns lê, is dit vir Suid-Afrikaanse kykers minstens interessant omdat die aanvangsversameling van die Johannesburgse Kunsmuseum in Joubertpark in 1910 deur Lane byeengebring is.

Hoewel ’n rolprent met die beste bedoelings ook nie die ervaring van ’n besoek aan ’n galery kan vervang nie, is dié weergawe ’n gawe tweede beste opsie. Die kamera luier voor talle van die werke en volg die verloop van gesprekke soos byvoorbeeld oor die Tuileries-skildery, die idiosinkratiese Le déjeuner dans l’atelier (1868), Le déjeuner sur l’herbe (1863) wat indertyd as skokkend gesien is en Olympia (1863).

En ’n mens kry iets van die gevoel van dié uitstalling, wat nougeset saamgestel is in die galerye van die Royal Academy.



  • Trompie-fliek kry digitaal lewe

  • Dans-kompetisie by die Joburg

  • Brandmerk jou herkoms jou?

  • Kaapse groep reik debuut uit

  • Blitsgids

  • Spits die ore vir Shifty September

  • Dié stem g’n TV-foefie

  • Sopraan van SA bekoor wêreld

  • Toevlugsoord waar voël, dier en mens kuns word

  • Fugard kry hoogste kunste-eer in Japan

  • Valiant het die laaste sê

  • Rauch lewer CD vol wysheid

  • Sangers wys potensiaal in salon-'Lucia'

  • Katryn se waarheid op RSG

  • Strepe laat Liberty wen

  • Musiekmeesters deel hul kennis

  • Swart rolprentmakers kry geldhulp