Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    30°C / 16°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%

  • Donderdag

    28°C / 8°C

    Wind 32km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 16%

  • Vrydag

    23°C / 9°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 10%

  • Saterdag

    23°C / 9°C

    Wind 19km/h

    Reënval 6.1mm

    Humiditeit 40%

  • Sondag

    24°C / 14°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%

  • Maandag

    27°C / 15°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%


Aanvangfliek verbied op Durban-fees

Regisseur plak mond toe ná uitspraak

Laetitia Pople
Vrydag 19 Julie 2013
Jahmil XT Qubeka

Of Good Report, die rolprent van die Oos-Kaapse regisseur Jahmil XT Qubeka wat die Durbanse rolprentfees eergister sou open, is op die nippertjie klassifikasie deur die Rolprent-en-publikasieraad geweier en enige vertoning daarvan sou as ’n misdaad beskou word.

Die raad het as rede aangevoer ’n toneel van sowat 28 minute in die prent dui op kinderpornografie. In dié toneel het ’n volwassene seks met ’n minderjarige.

Terwyl die raad se verklaring gisteraand voorgelees is, het Qubeka sy ID-dokument opgeskeur en sy mond met kleeflint toegeplak. Hy het heen en weer op die verhoog geloop.

Die rolprentvervaardigers het hom omhels en op die skouer geklop.

Die prent, Qubeka se derde, handel oor ’n onderwyser op ’n dorpie wat jag maak op jong meisies. Die skoolkind in dié problematiese toneel word vertolk deur die 23-jarige Petronella Tshuma.

Die prent is luidens die beskrywing in die feesgids Qubeka se eerbetoon aan die klassieke film noir.

Die feesbestuurder, Peter Machen, het dit as ’n uitdagende rolprent van ’n sterk individuele stem in die bedryf bestempel. Hy het dit vroeër beskryf as ’n prent wat die rolprentkuns van Afrika na ’n nuwe vlak neem.

“Ons het Qubeka se prent gekies omdat dit uitdagend, kragtig en artistiek suksesvol is, en omdat dit so ’n sterk uitdrukking is van ’n eie stem. Die fliek vergestalt die maatskaplike probleem van ongebreidelde magsmisbruik in ons land,” het Machen gesê.

Qubeka se vrou, Lwazi Manzi, het verwys na die afgryslike omstandighede wat sy daagliks as mediese dokter by ’n staatshospitaal teëkom van jong vroue wat deur ouer mans mishandel word.

“As die rolprent en publikasieraad dit nie goedkeur nie, beteken dit nie dié goed bestaan nie,” het sy bygevoeg.

Sy het verwys na die hoë voorkoms van kinderverkragtings en tienerswangerskappe waarmee sy daagliks in haar werk te kampe het.

“As hulle nie wil hê ’n mens moet dit sien en self ’n ingeligte besluit neem nie, beteken hul 16 dae van aktivisme niks nie,” het sy gesê.

Die feesbestuur het uit respek vir die regisseur besluit om nie gisteraand ’n ander rolprent te vertoon nie.

Qubeka en die Universiteit van KwaZulu-Natal, wie se sentrum vir kreatiewe kunste die organiseerder van die fees is, het aangedui dat hulle teen die besluit gaan appelleer.

Mike Auret, prokureur en die vervaardiger van die prent, het aangedui as die appèl nie slaag nie, gaan hy die konstitusionele hof nader. “Dit is nie die taak van die staat om te moraliseer nie,” het hy gesê.

Die fees duur tot 28 Junie. Besoek ook die webwerf www.durbanfilmfest.co.za.



  • Betowerend . . .

  • teater

    ‘Kenners’ soos Kunene help Dowwe Dolla in belastingtyd

  • kuns

    Kyk hoe beelde gegiet word

  • boeke

    Karsten en Trantaal kry Veertjies

  • musiek

    Kamerkoor sing in Pretoria ná besoek aan Kaap

  • musiek

    Petty sing met beleë gesag

  • flieks

    SA prent wen in LA

  • musiek

    Cat Stevens gaan weer toer

  • teater

    Bose in alledaagse blootgelê

  • musiek

    Stapelberg sing in Gauteng op pad Aardklop toe

  • musiek

    Odeion in die kol met Sjostakowitsj-vertolking

  • musiek

    Brasiliane laat Jhb 'metalheads' brul van plesier

  • boeke

    Dalk effens vaal en langdradig, maar ’n broodnodige gids

  • teater

    Crazy in Love in Nederland bekroon

  • Bram Fischer heel nuut ontgin

  • ​Shakespeare-werke kry Chinese baadjie

  • musiek

    Folk-rock ‘nie van hier’

  • boeke

    ‘Draalnoot’ tref met resonansie

  • boeke

    Praat met die verhemelte

  • tv

    Mens t. zombies: Wie is wie?

  • boeke

    Draakstekery met hope kleur en geur

  • boeke

    Hierdie ponie galop ...