Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    16°C / 5°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 15%

  • Sondag

    17°C / 6°C

    Wind 24km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Maandag

    19°C / 7°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%

  • Dinsdag

    22°C / 9°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 8%

  • Woensdag

    23°C / 11°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%

  • Donderdag

    24°C / 3°C

    Wind 33km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%


Dié oproep sou ‘Credo’ verryk

Vrydag 19 Julie 2013

Paul Boekkooi

Credo – Ndodana-Breen / Meersman / Black

ZK Matthews, Unisa, Pretoria

Die Vryheidshandves van 1955 het ’n dominerende invloed op Suid-Afrika se nuutgeformuleerde Grondwet van 1996 gehad. Om eersgenoemde se omvattende boodskap rondom vreedsame naasbestaan spesifiek op oudpres. Nelson Mandela se 95ste verjaardag te vier, is ’n briljante en bowenal simboliese inisiatief.

Donderdagaand se wêreldpremière van Credo, wat ook op SABC3 uitgesaai is, is ’n uiters tydige herinnering aan die inhoudelik morele aansien wat daardie handves betekenisvol gemaak het en waarvan die meeste komponente in ons Grondwet saamgevat is.

Die drie artistieke kragpunte waaromheen dié multimedia-oratorium draai, is die komponis Bongani Ndodana-Breen, librettoskrywer Brent Meersman en visuele towenaar Andrew Black.

Musiek en teks staan genadiglik uiters sentraal in dié groots opgesette opus. Beelde besit immers die neiging om die gehoor se aandag van die teks, sang en musiek af te lei.

Credo open treffend met ’n klanksnit uit ’n Mandela-toespraak waarin hy verduidelik vir watter ideaal hy bereid is om te sterf, ’n persoonlike credo waarvan hy nooit afgewyk het nie.

Ndodana-Breen snoer Meersman se teks, gegrond op ’n selfgepende, bykans epiese gedig, merendeels binne verrassend uiteenlopende style saam. Feitlik alles val gemaklik op die oor, maar ontgin selde bepaalde teksgedeeltes met ’n gewenste graad van emosionele diepte.

Helaas is die libretto nie volledig in die program gedruk nie. Dit maak dit moeiliker om die komponis se sukses al dan nie te evalueer. Die ensemblesang deur die Gauteng Choristers was stewig, al het hulle tydens klimakse ietwat ondervoed geklink.

Solobydraes deur Sibongile Khumalo, Monika Wassung en Otto Maidi was, soos te verwagte, uiters professioneel. Veral in die deel wat begin met “Around a stone fountain” het Khumalo die poëtiese inhoud vokaal uitdrukkingryk gehanteer. Dis jammer dat dieselfde graad van inspirasie nie altyd uit latere toonsettings gestraal het nie.

Maidi was deurgaans puik, veral in die duet saam met Wassung wat voorafgegaan is deur een van die komponis se meer inspirerende ingewings: die pastoraal-klinkende duet tussen die solo-hobo en Franse horings, asook, veel later, die vioolsolo. Wassung het groot klem geplaas op die aria wat met “Our beliefs” begin.

Ndodana-Breen se melodiese ontginning het beperkings. Talle gedeeltes het so idiomaties soos klankbaanmusiek geklink, maar sodra byvoorbeeld poliritmiese Afrika-teksture na vore kom, verander daardie indruk ten goede.

Black se verfilmde aandeel besit treffende en tekstoepaslike beeldmateriaal, maar daar is ook insetsels op die treffende agterdoek wat meer gemeen het met toerismebemarkingskote.

Tereg skrikwekkend is die beelde rondom opstande in die townships en onskuldiges wat deur polisie- en weermaglede neergevel word . . . “lest we forget”.

Credo huiwer so halfpad tussen ’n politieke en ’n artistieke manifes. Dit het waarde, maar sou selfs méér hê indien dit ’n oproep sou doen op ’n konsekwente inhoudelike handhawing van die ideale rondom albei genoemde dokumente.



  • flieks

    Sonde wat bloed laat bruis

  • tv

    Ou gunstelinge en nuutjie of twee

  • flieks

    Bedrewe klug vind waarheid in skandalige banale

  • flieks

    Ryk en lekker soos room

  • tv

    Mistieke wat soms deurstamp

  • musiek

    Drie diere gaan alte kreatief om

  • flieks

    Breukdeel van moontlike wêreld

  • flieks

    In wettige anargie steeds ryk en arm

  • musiek

    Spits jou ore

  • flieks

    Wat’s tops?

  • flieks

    Elke rol verg ’n stukkie van haar

  • flieks

    Nimfomanie 2 is meer beklemmend as vol. 1

  • musiek

    Maties kom speel met Zukerman en JPO-lede

  • musiek

    Klanke tussen twee kulture word hiér een

  • dagboek

    Blitsgids

  • musiek

    Folk-rock wat jou hoendervel gee

  • kuns

    Kolossale beeldhouwerk onthul

  • musiek

    ‘Lennon’ van die fluit sterf

  • musiek

    Van Coke Sweef

  • kuns

    Joburg Art Fair

  • musiek

    Konsert ten bate van gidshonde

  • teater

    Seksfees terug om te vermaak en leer

  • teater

    Zoeloe-ballet in Edinburg ’n wêreldeerste

  • Kortkuns

  • musiek

    Min vals note wanneer talentvolle Potts en Kie. sterre laat verskiet

  • boeke

    Nuut van Anker, Krog

  • flieks

    ‘Rol nie soos baadjie wat jy uittrek en los’