Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Donderdag

    21°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Saterdag

    17°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 34%

  • Maandag

    18°C / 7°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 37%


Prys vir Kalmer ’n ‘bonus’

Rudolf Stehle
Vrydag 19 Julie 2013
Harry Kalmer is met ’n silwer-Ovation-prys op vanjaar se Nasionale Kunstefees in Grahamstad bekroon vir sy toneelstuk The Bram Fischer Waltz. Rudolf Stehle het met hom gesels.
Harry Kalmer Foto: Lucky Maibi

Hy het van meet af beoog om sy toneelstuk Die Bram Fischer-wals ook in Engels op te voer, vertel Kalmer.

“Ons het besef dit is ’n té belangrike storie om net in Afrikaans te vertel. Ons gehoor is groter as dit.”

Die stuk sou reeds op verlede jaar se Grahamstad-kunstefees gedebuteer het, maar David Butler moes in ander stukke speel en die Afrikaanse weergawe het toe sy première op verlede jaar se Vryfees in Bloemfontein gehad.

Kalmer beskryf die Ovation-toekenning as ’n “verrassing” en ’n “bonus”.

“Ons het vroeg in die speelvak agtergekom mense hou baie daarvan. Maar jy weet toekennings is so ’n subjektiewe ding. As ’n mens gáán vir ’n toekenning, dan gaan jy jouself mal maak.”

Nietemin voel hy geëerd om die prys te ontvang.

“Dis lekker as mense jou werk raaksien, want baie feeste is so groot, jy kan so maklik verdwyn daar.”

Sy belangstelling in dié anti-apartheidsaktivis is reeds as jong seun geprikkel.

“Ek was baie klein toe hy gevang is, ek was sewe of agt. Dit was net totaal fassinerend gewees – hierdie ou wat so wegkruip vir die polisie in Johannesburg.”

Die saadjie vir die stuk is geplant toe hy in die 1980’s in Londen gewoon het, sê Kalmer.

Hy het die toespraak gelees wat Bram Fischer in 1966 in die hof gelewer het net voordat hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis is.

“Dit het my regtig geroer. Toe het ek besef dis teater hierdie.”

Ná sy terugkeer na Suid-Afrika in 1987 het hy met talle mense in aanraking gekom wat Fischer persoonlik geken het, maar hulle wou nie oor hom praat nie omdat hy ’n verbanne persoon was.

Die stof het gaan lê, maar die begeerte het gebly.

Hy het in 2004 ’n boek oor Fischer present gekry.

“Ek het net gedink dit is ’n fassinerende storie van hierdie ou wat teen die hele grein van die gemeenskap gegaan het.”

“In 2009 het ek besef dis ’n honderd jaar sedert Fischer se geboorte en niemand onthou hom nie.”

Die Vryfees het toe geld bewillig vir die navorsing en skryf van die stuk.

Kalmer het onder meer onderhoude gevoer met Fischer se dogter Ilse Wilson en met Hugh Lewin en Denis Goldberg wat saam met Fischer in die tronk was.

Butler was van vroeg af deel van Kalmer se planne met die stuk: “Een aand sien ek hom in Boekehuis by ’n boekbekendstelling. Hy het ’n bril gedra en toe lyk hy vir my net soos Bram.

“Toe sê ek dit vir hom. Toe sê hy vir my hy het daai bril gekoop, want hy het oudisies afgelê om Bram in ’n movie te speel.”

“David het voorgestel dat ons die Afrikaanse sintaksis en infleksie behou sodat ons amper ’n soort Herman Charles Bosman-Engels geskryf het, wat dit baie makliker gemaak het omdat David baie Herman Charles Bosman-aanbiedings doen.”

Volgens Kalmer is daar belangstelling van Europese vervaardigers om die stuk op te voer.

Kalmer vertel dat hy op 31 Maart ophou skryf het as ’n soort respyt. Hy sukkel egter om by dié voorneme te hou.

Hy het pas sy tesis ingedien vir ’n meestersgraad in skeppende skryfwerk onder leiding van Marlene van Niekerk.

Dit handel oor die uitbeelding van Afrikaners in Johannesburg in Totius se Trekkerswee (1915), Karel Schoeman se Spiraal (1968) en P.G. du Plessis se Siener in die suburbs (1971).

As deel van dié kursus het hy ook ’n roman met die titel ’n Duisend stories oor Johannesburg geskryf. Dié boek verskyn volgende jaar by Quellerie.

• The Bram Fischer Waltz is op 3 Augustus om 18:30 in die Rand Club in Johannesburg te sien. Saam met aandete kos dié pakket R310. Kaartjies vir die aanbieding op 4 Augustus om 15:00 kos R130. Bespreek by 011 870 4263 of 078 325 6723.



  • Krapperigheid konseptueel geïnspireerd

  • Vaartbelyn en vermaaklik

  • Goue oues gaan rock oppi koppi

  • Big Daddy vertel als in ‘Keep it Country’

  • Liefde vir eet én liefde vir mense

  • Fotobeelde wat sterk resoneer met SA

  • SA prent kry 12 benoemings in VSA

  • Top-kunstenaars tree by Klassique op

  • The Blues Broers druk dit na rooi in Pretoria

  • Broadway-treffer in Pieter Toerien

  • Priestman het ook in SA bydrae gelewer

  • Montecasino het ook talent met dié drie

  • Rekord: R7 m. se kaartjies verkoop

  • Nat Nakasa se storie op die planke

  • Legendariese Phillips in Jhb