Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    23°C / 12°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 42%

  • Saterdag

    25°C / 12°C

    Wind 4km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Sondag

    25°C / 13°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%

  • Maandag

    24°C / 12°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 39%

  • Dinsdag

    22°C / 12°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%

  • Woensdag

    22°C / 10°C

    Wind 20km/h

    Reënval 1.0mm

    Humiditeit 38%


Meditatiewe kuns uit klip gekap

Johan Myburg
Vrydag 16 Augustus 2013

Op ’n baai waar die see jare lank al rondgerolde klippe versamel, loop Wongil Jeon geboë met ’n langsteel 12-pond-hamer, sy oë soekend na die regte klip.

“Min of meer die grootte van ’n mens se kop,” verduidelik hy.

Jeon is een van die kunstenaars wat deelneem aan die Site_Specific-landkunsbiënnale wat môre in Plettenbergbaai in die Suid-Kaap ten einde loop.

Sy hamer het hy saamgebring van Seoel in Suid-Korea, die plek waar hy woon en werk.

En as hy ’n klip kry wat aan sy vereistes voldoen, maak sy oog ’n merk waar sy hamer met ’n swaaibeweging die klip tref en splyt: twee halfrondes wat netjies oopgebars op die sand lê.

Die helftes word een op ’n slag water toe gedra en net bokant die waterlyn gehou waar die uitspoelende brandertjie teen die klip opspat. Die spatlyn teken Jeon met ’n wit viltpen na, plaas die klip noukeurig by die ander helftes en dra die volgende een see toe om bespat te word.

Daarna soek hy na die volgende klip, swaai die hamer en klief die klip in twee.

Omdat bewaring en die minste versteuring van die natuur moontlik hoog op belangelyste is, val Jeon se gewelddadige benadering ’n mens op. Jare lank het ’n mens gewoond geraak aan die gedagte dat jy niks breek nie en dat jy net voetspore nalaat.

“Yatoo,” begin Jeon. “ ‘Ya’ beteken natuur en ‘too’ om te gooi. Dit is die benadering wat ek volg.”

Volgens Jeon kyk ’n mens as ’t ware deur ’n dun gordyn na die wêreld. Jy moet eers déúr daardie gordyn gaan om werklik te kan sien en te hoor wat die natuur sê.

“Dan eers snap ’n mens die naatlose verband tussen strome en berge, tussen lewende en nié-lewende elemente, tussen wind en skadu’s.”

Die meditatiewe aspek van Jeon se werk blyk onder meer uit sy tekeninge op rivierklippe: Met ’n takkie as stilus en water as ink teken hy patrone op klippe.

Net om starend te sit en kyk hoe die patrone verdwyn namate die klippe droog word.

Vir die Plettenbergbaai- biënnale pak Jeon die kliphelftes netjies uit in ’n kring en verbind die wit lyne op die klippe sodat dit ’n kartelende, dog ononderbroke lyn vorm.

“Die landkunstenaar voer ’n stil gesprek met die natuur,” sê Jeon. “Dit is die natuur wat die rigting van die kunswerk aandui.”

As die gety inkom, spoel die gekapte klippe met die skerp kante toe onder die sand. Die wit lyne vervaag en verdwyn. Die maal- en spoelproses begin. En mettertyd vergeet die klippe Jeon was daar. En onthou dit terselfdertyd.



  • Albert Hammond kom hier optree

  • Suid-Afrikaanse fliek na Seattle

  • Prentjiemooi Jesus

  • Puik opname van ‘Messiah’ vir Paasfees

  • Sax-viertal vind juwele in musiek

  • Nuwe boekpryse wyd verwelkom

  • War Horse in Johannesburg op die verhoog

  • Is dit die einde van AC/DC?

  • Jeugsentrum samel geld in met Banksy-werk

  • Tom of Finland vir posseëls

  • Clarke was ’n ware rolmodel

  • War Horse-musikante verloor regstryd

  • Nuwe deurbraak vir Venter

  • Wenners van 2014 Brett Goldin-prys aangekondig

  • Uitvoering laat reg geskied aan 17de-eeuse Passie-musiek

  • Dowwe Dolla in Atterbury vandag

  • Slyp skryfvernuf by UP-winterskool

  • ​Tartt wen Pulitzer vir fiksie

  • US Woordfees oorhandig trofeë

  • Amambazo in die Staatsteater

  • Christelike Tree63 byeen vir reünie-konserte

  • ‘Natives’ terug op planke ná 20 jaar

  • Drama oor drink en bestuur vir skoliere

  • Kunstenaar Peter Clarke sterf op 84

  • 'War Horse' op West End steek orkes in pad

  • 13de Tribeca-fliekfees in Manhattan

  • Viering van die kreatiewe oomblik

  • Perde van hout, leer en gaas léwe in ‘War Horse’

  • Mark in Jhb brei uit in 2014