Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 11°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.3mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    20°C / 7°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Vrydag

    20°C / 7°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    22°C / 12°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Sondag

    22°C / 10°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Maandag

    19°C / 9°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 54%


Samro wys sy wenners aan

Hugo, drie van Kaap beste in beursstryd

Johan Myburg
Maandag 02 September 2013
Samro-uitblinkers . . . Van links Jan Hugo, Nicholas Williams, Bokani Dyer en Megan-Geoffrey Prins.

Die Bloemfonteinse pianis Jan Hugo is Saterdag in Johannesburg as die wenner in die Suider-Afrikaanse Musiekregteorganisasie (Samro) se kompetisie vir oorsese beurse vir klawerbordspelers aangewys.

Hugo (22), wat tot onlangs in Italië studeer het en hom binnekort in Leipzig in Duitsland vestig, het prysgeld van R170 000 ontvang.

Megan-Geoffrey Prins van Riversdal in die Wes-Kaap is as naaswenner aangewys. Prins (22) het boonop die Samro/Flink-studiebeurs, die Samro/Fisher-prys en die prys vir die beste uitvoering van ’n voorgeskrewe werk gekry. Sy totale prysgeld is R79 500.

Die Kaapse jazzpianis Bokani Dyer het die prys in die jazz-kategorie ontvang. Dyer (27), in 2011 die Standard Bank Jong Kunstenaar vir jazz, het ook prysgeld van R170 000 ontvang.

Nicholas Williams, nog ’n Kapenaar, is as naaswenner aangewys. Williams (27) het die Samro/Fisher-prys en die prys vir die beste uitvoering van ’n voorgeskrewe werk ontvang.

Hugo se program het bestaan uit die eerste beweging van Mozart se Sonate no. 14 in c, K.457, Rachmaninoff se Etude Tableau op. 39, no. 3 in f-kruis, Bartók se “Klänge der Nacht” en “Die Jagd” uit Im Freien en die voorgeskrewe Klavierstuk 2 van Roelof Temmingh.

Prins se program het bestaan uit die Allegro uit Haydn se Sonate in E-mol, Hob. 51:1, Chopin se Etude no. 5 in e, op. 25, Hamelin se Etude no. 9 in f, “La danza” uit 12 etudes, asook die Temmingh-werk.

Die Samro-pryse word sedert 1962 toegeken. Volgende jaar kom komponiste in die kollig en die jaar daarna sangers. In 2016 kom instrumentaliste aan die beurt.

Besoek die webwerf www.samrofoundation.org.za.



  • Volmaan op die dansverhoog

  • Twee dekades kon ‘Pale Natives’ nie verbleik

  • Eg plaaslik; verrykend universeel

  • ‘Pink’ in Pierneef

  • Decorus môre in Johannesburg

  • Wen-radiodrama vandag op RSG

  • Spaanse dagblad publiseer hoofstuk van García Marquez

  • Awerbuck op kortlys vir 15de Caine-prys

  • Kom dans met die digters

  • Jong musikante kan nou inskryf

  • Asemrowende Sound of Music

  • Gordimer dink sy’s klaar met romans

  • Dié fliek is verduiwels onbeholpe

  • Air Supply te sien

  • Van niks tot viniel in vier uur

  • Williams is weer Mrs Doubtfire