Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    16°C / 5°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Maandag

    20°C / 6°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Dinsdag

    21°C / 7°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Woensdag

    21°C / 8°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%

  • Donderdag

    23°C / 9°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%


Kop-aan-kop-resies finaal beslis by Oscars 2014

Laetitia Pople
Maandag 03 Maart 2014
Will Smith oorhandig die Oscar vir Beste Rolprent van die Jaar aan Brad Pitt vir 12 Years a Slave. Foto: AP/Matt Sayles
Die ander wenners:

Beste Kostuumontwerp: The Great Gatsby

Beste Dokumentêr 20 Feet from Stardom

Beste Dokumenter (kort) The Lady in Number 6: Music Saved My Life

Beste buitelandse rolprent The Great Beauty (Italië)

Beste produksieontwerp The Great Gatsby

Beste animasie kortprent Mr. Hublot

Beste kortprent Helium

Beste oorspronklike draaiboek Her

KAAPSTAD. - Die maandelange kop-aan-kop resies tussen die Britse regisseur Steve McQueen se 12 Years a Slave en die Mexikaan Alfonso Cuarón se Gravity is finaal beslis in die rolprentbedryf se hoogste eer, die Oscars.

Gravity wen sewe Oscars, 12 Years a Slave drie, insluitend beste rolprent.

Die vreemde verskynsel dat die beste prent nie noodwendig die Oscar as beste beste regisseur baar nie, tersyde. Oók dat Gravity Oscars ingeryg het vir visuele effekte, klankregie, klankmeng, kinematografie, redigie en oorspronklike klankbaan - dié kategoriee wat die ware stoffasie van ’n prent en sy regisseur aandui.

Die regisseur Steve McQueen het die Oscar opgedra aan “die 21 miljoen mense wat steeds slawerny verduur” en het uit die prent aangehaal “dat almal verdien om nie net te oorleef nie, maar om te leef”. Die prent is ook uitgesonder vir beste verwerkte draaiboek.

Die vreemde verskynsel dat die beste prent nie noodwendig die Oscar as beste beste regisseur baar nie, tersyde. Ook dat 10 benoemings ten spyt, die uitstekende kulprent American Hustle geen Oscar kon wen nie.

Feit is 2013 sal onthou word as ’n goue rolprentjaar. Aan die spits was die hartverskeurende, ware slawedrama 12 Years a Slave wat herinner aan mens in sy alleraakligheid, maar ook aan sy liefde en durf. Eweneens sal dit onthou word vir die filosofiese, menslike drama Gravity wat die mens se moed en durf besing, al is die oormag teen hom.

Verrassings was daar nie juis nie op die glansryke 86ste Oscaraand in Los Angeles nie - dalk net die gewoonlik welsprekende McConaughey se aardige bedankingstoespraak waarin God, sy oorlede vader, maar ook sy toekomstige self ingetrek is.

Die wenrolle in die toneelspelkategorieë toon ook die “”klein””mens wat oorkom en transformeer. Al het Dallas Buyers Club ’n Oscar gewen vir grimering en haarstyle - lê die krag van die prent in die vertolkings van McConaughey en Jared Leto. McConaughey se Ron Woodroof ’n uitgeteerde, homofobiese rodeo-cowboy wat handomkeer verander in ’n verbete stryder vir reg en geregtigheid, is ’n gedaanteverwisseling soortgelyk aan De Niro se Raging Bull. Een van die moetsiens in rolprentgeskiedenis. So ook sy byspler Jared Leto wat ’n transseksuele prostituut speel - die twee saam is ’n belewenis. Twee welverdiende Oscars.

Die magtige Cate (Blanchett) - so genoem na haar twee vertolkings as koningin Elizabeth se Oscar as beste aktrise vir haar ankervertolking in Woody Allen se Blue Jasmine kom ’n ver pad. Vir die rol die selfgesentreerde, pilverslaafte vrou van ’n korrupte New Yorkse fondsbestuurder voeg Blanchett haar tweede Oscar by ’n Golden Globe, ’n Screen Actors Guild en ’n BAFTA.

In haar toespraak het sy ’n lansie vir ouer aktrises gebreek vir wie rolle skaarser en skaarser word ná 35. “Al is daar mense in die rolprentbedryf wat glo dat rolprente wat om vrouekarakters draai, nis-ervarings is. Dit is nie. Gehore wil daarna kyk, en dit verdien geld.” Sy het groot name soos Meryl Streep, Judi Dench en Sandra Bullock uitgestof veteraan-aktrises wat die gehore trek ondanks die Hollywood-vervaldatum.

Leto, met sy lang lokke nog in plek, het sy Oscar opgedra aan die 36 miljoen mense wat hul stryd teen MIV/Vigs verloor het.

“Aan julle wat onreg ervaar gegrond op wie julle liefhet en wie julle is. Ek staan hier saam en vir julle.”

Die rockster-akteur en erkende filantroop het voorts die mense van die Oekraïne en Venezuela wat gekenmerk word deur geweldadige opstande gehuldig.

“Aan al die dromers in die wêreld wat vanaand in plekke soos die Oekraïne en Venezuela is, wil ek sê “ons is hier”. “En as jy sukkel om jou drome waar te maak, en die onmoontlike te leef, ons dink vanaand aan julle.”

Geskiedenis is gemaak in die kategorie beste vroulike byspeler. Die Keniaanse aktrise en musiekvideo-regisseur Lupita Nyong’ó

het die sesde swart aktrsie geword om dié Oscar te wen. Haar Patsey in 12 Years a Slave moes nie net bloedsweet nie, maar ook die seksuele aandag van haar eienaar verduur. Nyong’ó is deur ’n staande ouditorium toegejuig. Sy het gesê haar vreugde vanaand is geskoei op die harsteer en leed van ander met verwysing na die slawe op wie se lewe die prent gegrond is.

Alfonso Cuarón is die eerste regisseur van Latyns-Amerika om die Oscar vir regie te wen. Cuarón, wat groot spore trap in Hollywood het sy bedankingstoespraak in Engels en Spaans gelewer. Hy het veral sy ster Sandra Bullock geloof. “Sandy jy is Gravity.” Die gryskop Cuaron het Gravity saam met sy seun Jonás geskryf en het self die spesiale effekte vir die prent in drie jaar ontwikkel - baie resensente meen dit is die eerste keer dat 3D hier werklik tot sy reg kom.Die regisseur het ook gepas in sy toespraak sy kop geknik vir die nader groot Mexikaanse rolprentmakers tans werksaam in Hollywood Alejandro Gonzalez Iñárritu (Amores Perros en Babel) en Guillermo del Toro (Pan’s Labyrinth).

Die vrolike yssprokie Frozen is die jaar se beste animasieprent en die oorspronklike temalied “Let it Go” die beste lied.



  • The Boss en Stones se Keith reik prenteboeke uit

  • flieks

    Dankie tog vir skone Scarlett

  • flieks

    Min vlees aan storie van porno-ikoon

  • kuns

    Carla sit krag in Pretoria

  • tv

    Monsterprent vra gróót skerm, klank

  • Dans onder Joburg-danssambreel

  • flieks

    Uniondale-romanse flou gespook

  • tv

    Taal van die mense gepraat met integriteit

  • dagboek

    Gautengse blitskuns

  • musiek

    Sy vind haar tuiste in rock

  • musiek

    Spits jou ore

  • flieks

    SA aksie laat die bloed bruis

  • flieks

    Linklater se ‘Boyhood’ ná 12 j. hier

  • flieks

    Nie eens Sarandon of Bates kan ‘Tammy’ red

  • flieks

    Wat’s tops?

  • tv

    ‘Girl power’ staan steeds sterk op TV

  • musiek

    Ouskool rock gaan ore oopblaas

  • teater

    Basson bring bloed en rose na Aardklop

  • musiek

    Karajan herdenk met iets van als

  • kuns

    Dans, Klaradyn

  • kuns

    Talle sakelui bekroon vir bydrae tot kunste in SA

  • boeke

    Lessing se boeke na Harare-biblioteek

  • musiek

    Chameleon se posduif by verkeerde adres

  • Emmys: Smeulende sterre én rooitapytrampe

  • kuns

    Kuns wat klop

  • kuns

    Aardklop: Opskop op vier verhoë

  • dagboek

    Boekemark om talent te ontwikkel

  • flieks

    Chaplin lok hom na lewe in rolprente

  • flieks

    Tutu-dokumentêr trek wêreldwyd aandag

  • VMA's: Hiér's van die sterre

  • musiek

    Just Jinjer terug met nuwe musiek